Duisende by Zuma-uitspraak verwag

Honderde van Jacob Zuma se ondersteuners word vanmore buite die Pietermaritzburgse Hooggeregshof verwag, al singende en toitoiënde.

Regter Chris Nicholson sal vandag die uitspraak lewer of Zuma vervolg behoort, aldan nie.

Duisende ondersteuners word buite die hof verwag vir nuus oor die uitspraak later hoewel 'n ligte motreëntjie en 'n bewolkte hemel hul geesdrif mag demp.

Die swaar bewapende polisie sê dat hulle gereedmaak vir 'n skare van 15 000.

Liedjies oor Zuma is oor 'n klankstelsel gespeel en TV-kameraspanne, fotograwe en joernaliste het buite die hofgebou stelling ingeneem.

Die polisie hou die situasie fyn dop en paaie rondom die hof is afgesper.

воронеж подъемникиtopcargo отзывы