Melumzi Hina (32), wat beskuldig word van roof met verswarende omstandighede, kon nie sy verhoor bywoon nie, want hy was vir opleiding om een van Suid-Afrika se sensusamptenare te word lui ‘n berig in The Herald. Port Elizabeth se streekhoflanddros Kenny Cooney was geskok toe Hini se prokureur met ‘n dokument by die hof opdaag
Wie sit agter die opstande wêreldwyd?
Beset LSX oftewel beset die Beurs van Londen! Dit is maar die jongste van ‘n groeiende aantal besettingbewegings regoor die wêreld, insluitend dié in New York. “In Londen, sal ons die Effektebeurs beset. Om die finansiële stelsel oor te neem en dit gebruik om idees te skep vir hoe ons kan werk aan ‘n beter
Zille skielik bekommerd oor meeluistering
President Jacob Zuma moet ‘n onafhanklike kommissie van ondersoek instel na bewerings dat staatsveiligheidsagentskappe mense se selfone afluister, het die Demokratiese Alliansie-leier, Helen Zille, Sondag gesê. Dié beswaar kom nadat die veiligheidsagentskappe begin skoonmaak het in aanloop tot die ANC se Mangaung-konferensie in 2012. “Die Regering se agente misbruik hul mag om te spioeneer op individue
Die kopseer wat Malema heet
Die uitgesproke ANC-jeugleier, Julius Malema, se tugverhoor word eerskomende naweek agter geslote deure hervat. Die groot vraag op almal se lippe is seker of die ANC dié keer genoeg murg in sy pype gaan hê om die moeilikheidmaker in sy geledere vas te vat? ‘n Nóg groter vraag is egter of die tugverhoor die voorspel
Matriekeksamen skop af
2011 se matriekeksamen begin vandag amptelik. Leerlinge skryf hul eerste praktiese eksamens – praktiese rekenaartegnologie – vandag. Die eksamen eindig op die eerste Desember. Die laaste vraestelle is Godsdiensstudies en Ontwerpteorie. ‘n Woordvoerder van die Gautengse departement van Onderwys, Charles Phahlane sê sy departement is gereed vir die eksamen. Hy sê 88-duisend voltydse leerlinge sal
Sensusbeampte steel glo blinde se skootrekenaar
‘n Sensusbeampte het na bewering ‘n blinde Kovsiestudent se skootrekenaar gesteel, berig Beeld. Die student deel ‘n huis in Universitas, Bloemfontein met 10 ander. Die sensusman het verlede Woensdag tot Sondag die huis nie minder nie as vier keer besoek. Hy is aanvanklik binne die huis betrap. Nadat hy meermale besoek aan die huis gebring het, het
Lees verder: Sensusbeampte steel glo blinde se skootrekenaar
Polisieman wat omkoopgeld vat, vas
‘n Polisieman is in Wolmaransstad in hegtenis geneem nadat hy omkoopgeld aanvaar het om ‘n dossier oor veediefstal te laat verdwyn, het ‘n woordvoerder Sondag gesê. Lt.kol. Lesego Metsi, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het ‘n lokval gestel en die speurkonstabel gevang toe hy Saterdagmiddag R2 000 kontant van twee mans by ‘n vulstasie aanvaar
Voortrekkers verlaat Natal
Toe die Kaapse goewerneur verneem dat Smith hulp vra, het hy ‘n mag onder kol. Josias Cloete per skip gestuur om die beleërde garnisoen te ontset. Cloete was lid van ‘n gesiene Kaapse familie. Die Natallers kon nie verhinder dat hy land nie en het teruggeval na Pietermaritzburg. Cloete het aan die Zoeloes die reg
Verraai u volk – stem gerus DA!
Afrikaners beskik oor ‘n heroïese geskiedenis – of níé. Want vir elke volksheld tydens die Groot Trek of Vryheidsoorloë was daar dalk ‘n papbroek en volksverraaier wat wou weghardloop of lustig met die vyand saamgewerk het, dikwels vir eie gewin. In ANC-Suid-Afrika word Afrikanerverraaiers as’t ware op die hande gedra. Hulle is die nuwe helde
Boeke gratis
Die geboorteplek van die drukmedia het openbare boekrakke op straathoeke, stadspleine en supermarkte staangemaak. By dié “biblioteke,” wat gratis vir algar is, kan mense enige boek neem en enige boek agterlaat vir ander om te lees. Daar is geen registrasieproses nie, geen datum waarteen die boek teruggegee moet word nie en jy kan soveel neem
