Suid-Afrikaanse banke vra van die hoogste fooie ter wêreld. Die groot vier banke word daarvan verdink dat hulle 'n kartel gevorm het om miljarde uit die publiek te pers. Die mededingingskommissie het gister aangekondig dat bankfooie wat deur Suid-Afrikaners betaal word te hoog is en beslis meer as wat hulle behoort te wees in 'n mededingende omgewing.
Banke loop onder kritiek deur

Rafael Nadal, Maria Sjarapowa en Venus Williams het almal die tweede ronde van Wimbledon gehaal.
Kunskenners in Milaan het 'n belangrike ontdekking gemaak toe hulle die aanpaksel op 'n baie ou skildery begin afkrap het. Onder die lae stof het hulle die Latynse woorde Titianus fecit oopgekrap wat die handtekening van die groot Renaissance meester Titiaan is.
Die nuwe weergawe 3.0 van die gratis webblaaier Firefox is na bewering agt miljoen keer binne die eerste 24 uur afgelaai wat die organiseerders as ‘n wêreldrekord beskou.