Selfbeskikking: Is Afrikaners ontsteld?

In die moderne wêreld het etnisiteit as gronde vir selfbeskikking heelwat minder waarde as ʼn selfbeskikkingseis gebaseer op politieke eenheid. Dit blyk veral in die geval van Suid Afrika dat die internasionale gemeenskap nie die verskil tussen diskriminasie en selfbeskikking begryp nie. Dit is ʼn sensitiewe onderwerp by die Internasionale Menseregtekommissie en soortgelyke liggame wat

Lees verder: Selfbeskikking: Is Afrikaners ontsteld?

Een sterf in studentestormloop by UJ

‘n Ma van ‘n voornemende student is dood in ‘n stormloop deur aansoekers by die Universiteit van Johannesburg (UJ) se kampus in Aucklandpark, Johannesburg. UJ het intussen bevestig dat die oorledene ‘n ma van ‘n student is, het Eyewitness News berig. “Paramedici het ‘n kombers oor ‘n lyk naby die ingang na die kampus in

Lees verder: Een sterf in studentestormloop by UJ

Rassisme in Kaapstad laat prediker moord twiet

‘n Swart prediker gebruik Twitter vir sy oproep dat wit mense in Suid-Afrika doodgemaak moet word nadat hy glo in Kaapstad rassisties behandel is. Die dominee Kemo Immanuel Waters besit ‘n besigheid genaamd die KemoTherapy Instituut van die Waarheid en is ‘n aktiewe lid van Twitter, Facebook en MySpace. Hy is ‘n platejoggie en beskryf

Lees verder: Rassisme in Kaapstad laat prediker moord twiet

Kragkrisis kom, Eskom in die duister

Eskom sê die nasionale kragnetwerk is onder geweldige druk. “Ons gebruik al die noodvoorraad wat ons kan. Ons is baie bekommerd,” het Hilary Joffe, woordvoerder van Eskom, aan die Burger gesê. Die vraag na elektrisiteit sal ná die Desember-vakansie toeneem as fabrieke weer begin werk. Eskom weet nie wat die toename sal wees nie en

Lees verder: Kragkrisis kom, Eskom in die duister

DA so te sê by ANC ingelyf

Helen Zille, opposisieleier en DA-aanvoerder, se ANC-onderrok het dié naweek behoorlik op die vloer gesleep. In ‘n verklaring wat ook op die DA se webwerf te lese is, het Zille die regering in sulke lowende taal geprys, dat sommige DA-kiesers gewonder het of hulle party tans by die ANC ingelyf is. Sy kon skaars die

Lees verder: DA so te sê by ANC ingelyf

Die sukses van Mangaung

As die ANC gehoop het dat die spandabelrige partytjie gedurende hulle eeufeesvieringe hierdie naweek net gunstige publisiteit in die wêreld gekoop het, kan die party teleurgesteld wees. Internasionale dekking van die eeufees was duidelik gemeng. Buitelandse korrespondente het ‘n nare gewoonte om die plaaslike bevolking te kies wat hulle menings sal eggo. Al die honderdeduisende

Lees verder: Die sukses van Mangaung

IMF waarsku dat SA kan ly onder EU-skuldkrisis

Die hoof van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), Christine Lagarde, het gewaarsku dat die eurosone se verslegtende skuldkrisis Suid-Afrika se ekonomie in gevaar kan stel. Suid-Afrika en ander meer ontwikkelde Afrika-ekonomieë “sal terugslae ly indien die Europese krisis nie aangespreek word nie,” het Lagarde het gesê ná ‘n vergadering met Suid-Afrika se Minister van Finansies,

Lees verder: IMF waarsku dat SA kan ly onder EU-skuldkrisis

‘Lost in translation’

Die ANC-jeugliga het berigte dat sy geskorsde leier Julius Malema ANC-leiers as “bobbejane” beskryf het, as ‘n vertaalfout afgemaak. By ‘n samekoms in Bloemfontein as deel van die regerende party se eeufeesvieringe, het Malema glo dié beskrywing gebruik. Malema is vroeër aangehaal deur die Saturday Star: “Die mense wat ons nie hier wil hê nie,

Lees verder: ‘Lost in translation’