Die Jong Kommunisteliga het gesê daar moet seker gemaak word dat die idee van ‘n sentrale aansoekkantoor, soos vroeër Dinsdag deur die departement vanhoër onderwys voorgestel is, ‘n realiteit word. Die Universiteit van Johannesburg kon maatreëls in plek gestel het om die groot getal mense wat by die instelling wou registreer, te akkommodeer, het die
Selfbeskikking: Is Afrikaners ontsteld?
In die moderne wêreld het etnisiteit as gronde vir selfbeskikking heelwat minder waarde as ʼn selfbeskikkingseis gebaseer op politieke eenheid. Dit blyk veral in die geval van Suid Afrika dat die internasionale gemeenskap nie die verskil tussen diskriminasie en selfbeskikking begryp nie. Dit is ʼn sensitiewe onderwerp by die Internasionale Menseregtekommissie en soortgelyke liggame wat
Media verdraai ANC-boodskap
Is die ANC ‘n wolf in skaapsklere en steek die media dit vir ons weg? Ek het Saterdag die moeite gedoen om na president Jacob Zuma se toespraak soos dit op SABC2 uitgesaai is, te kyk. Agterna het ek tevergeefs in die koerante na sinvolle berigte of kommentaar daarop gesoek, maar niks gevind nie. Die
Een sterf in studentestormloop by UJ
‘n Ma van ‘n voornemende student is dood in ‘n stormloop deur aansoekers by die Universiteit van Johannesburg (UJ) se kampus in Aucklandpark, Johannesburg. UJ het intussen bevestig dat die oorledene ‘n ma van ‘n student is, het Eyewitness News berig. “Paramedici het ‘n kombers oor ‘n lyk naby die ingang na die kampus in
Rassisme in Kaapstad laat prediker moord twiet
‘n Swart prediker gebruik Twitter vir sy oproep dat wit mense in Suid-Afrika doodgemaak moet word nadat hy glo in Kaapstad rassisties behandel is. Die dominee Kemo Immanuel Waters besit ‘n besigheid genaamd die KemoTherapy Instituut van die Waarheid en is ‘n aktiewe lid van Twitter, Facebook en MySpace. Hy is ‘n platejoggie en beskryf
Kragkrisis kom, Eskom in die duister
Eskom sê die nasionale kragnetwerk is onder geweldige druk. “Ons gebruik al die noodvoorraad wat ons kan. Ons is baie bekommerd,” het Hilary Joffe, woordvoerder van Eskom, aan die Burger gesê. Die vraag na elektrisiteit sal ná die Desember-vakansie toeneem as fabrieke weer begin werk. Eskom weet nie wat die toename sal wees nie en
Magsdeling met blankes?
Die euforie om ‘n land, sy rykdom en eerstewêreldontwikkeling op ‘n skinkbord te kry, is nou nie meer ‘n aardigheid nie en die realiteit van die verantwoordelikheid wat daarmee gepaard gaan te swaar as mens nie toegerus is daarvoor nie. Dit is die probleem waarmee die ANC tans spartel. Daar is op alle gebiede
DA so te sê by ANC ingelyf
Helen Zille, opposisieleier en DA-aanvoerder, se ANC-onderrok het dié naweek behoorlik op die vloer gesleep. In ‘n verklaring wat ook op die DA se webwerf te lese is, het Zille die regering in sulke lowende taal geprys, dat sommige DA-kiesers gewonder het of hulle party tans by die ANC ingelyf is. Sy kon skaars die
Die sukses van Mangaung
As die ANC gehoop het dat die spandabelrige partytjie gedurende hulle eeufeesvieringe hierdie naweek net gunstige publisiteit in die wêreld gekoop het, kan die party teleurgesteld wees. Internasionale dekking van die eeufees was duidelik gemeng. Buitelandse korrespondente het ‘n nare gewoonte om die plaaslike bevolking te kies wat hulle menings sal eggo. Al die honderdeduisende
IMF waarsku dat SA kan ly onder EU-skuldkrisis
Die hoof van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), Christine Lagarde, het gewaarsku dat die eurosone se verslegtende skuldkrisis Suid-Afrika se ekonomie in gevaar kan stel. Suid-Afrika en ander meer ontwikkelde Afrika-ekonomieë “sal terugslae ly indien die Europese krisis nie aangespreek word nie,” het Lagarde het gesê ná ‘n vergadering met Suid-Afrika se Minister van Finansies,
