‘n Plaaslike ANC-leier is Maandagoggend buite Hermanus gevang met 2474 vars perlemoene. Dit was na ‘n kort jaagtog in ‘n voertuig wat oortrek was met plakkers van die regerende party en sy leier, Jacob Zuma. Die voertuig was onderweg van Hermanus na Gansbaai toe dit van die pad af geforseer is deur beamptes van Marine
Mense word gewaarsku oor roof na bankonttrekkings
KwaZulu-Natal se polisie het Dinsdag die publiek gewaarsku dat uitgeslape kriminele mense teiken wat groot bedrae geld getrek het by banke. “Ons wil die publiek attent maak op die toename in roof wat plaasvind op indiwidue op pad na en van die banke af,” het senior superintendent Jay Naicker gesê. Hy het gesê dat hulle
Lees verder: Mense word gewaarsku oor roof na bankonttrekkings
Twee swartes vas weens R22 miljoen se hero?ne
‘n Mosambieker en ‘n Kongolese vrou is gearresteer in Johannesburg na die konfiskasie van heroïne ter waarde van omtrent R22 miljoen by die SA-Mosambiek grens, het Beeld Woensdag berig. Nog ‘n Mosambieker is gearresteer aan die Suid-Afrikaanse kant van die Lebombo-grenspos gedurende ‘n dwelmklopjag Maandagaand. Die 35-jarige man is gevang na doeanebeamptes met die hulp
Afrika hard getref deur rampe
Amper elke Afrikaland werk onder die spanning van natuurlike rampe, het die kontinentale direkteur van die Wêreldgesondheidsorganisasie Dinsdag in Brazzaville, in die Kongo gesê. “in 2008 is meer as 90% van die lidlande in die streek gekonfronteer met noodsituasies…merkbaar natuurlike rampe soos vloede, droogte, siektes wat uitbreek en konflikte van wisselende intensiteit,” het dr. Luis
Jacob Zuma: die trein het reeds vertrek
Uit die Praagargief: Buks van Rensburg se versiende rubriek van 1 Desember 2007 In die agste uitgawe van die Helen Suzman-stigting se internetpublikasie Focus is daar ’n insiggewende artikel oor die Xhosa Nostra. Daar word opgemerk dat Xhosas reeds lank deur Westerse sendelinge bearbei, opgevoed en bevoordeel is. Derhalwe het Xhosas ’n opvoedkundige voorsprong
Staking kan Paasnaweekreise beperk
Salarisonderhandelings tussen vervoerwerkers en hulle werkgewers het Dinsdagaand teen 9:45 geëindig. Dit was die eerste dag van die staking deur duisende werkers. “Ons het onderneem om dit weer môre teen 09:00 voort te sit,” het die padvervoerwerknemersvereniging (REFA) se arbeidsverhoudingebestuurder Magretia Brown gesê. “Ek lei af dat omdat ons nog onderhandel dit op sigself ‘n
Tiener verkrag agter Graaf-Reinet hospitaal
‘n 14-Jarige meisie is deur drie mans verkrag agter ‘n hospitaal in Graaf-Reinet, het Oos-Kaapse polisie Dinsdag gesê. Die aanval het Maandag plaasgevind naby die Santarivier, wat deels agter die hospitaal wat dieselfde naam dra, verby vloei, het inspekteur Wena Theron gesê. Die slagoffer kon nie die mans wat haar aangeval het identifiseer nie, maar
G8: Permanente voedselkrisis op die horison
Die wêreld staar ‘n permanente voedselkrisis en globale onstabiliteit in die gesig tensy lande nou optree om ‘n groeiende bevolking te voed deur landbouproduksie te verdubbel, het ‘n voorlopige verslag wat opgestel is vir ministers van die G8-groep, gewaarsku. Die beleidsdokument, wat voorberei is deur die G8 se Italiaanse presidensie vir sy eerste ministeriële vergadering
Dodetal in Itali? styg
Vroeg Dinsdagoggend het die dodetal in Italië gestyg tot 179,waarvan 40 mense nog geïdentifiseer moet word, het amptenare gesê. Hulle het bygevoeg dat 37 mense steeds weg is. Die geskatte aantal mense wat haweloos is, is 17 000, ‘n laer getal as wat voorheen aanvaar is, omdat baie mense by vriende en familie onderdak gevind
Afrika mag baat by krisis, meen Manuel
Die globale ekonomiese krisis gaan meebring dat ‘n meer robuuste en langdurige ekonomiese ontwikkeling in Afrika en die ontwikkelende wêreld plaasvind as wat tot op hede gesien is, het minister van finansies Trevor Manuel Maandag gesê. “Sterker ekonomiese ontwikkeling in die lande van die Suide is nie ‘n nuwe gebeurtenis nie,” het hy gesê. “Dit
