Dodetal in Itali? styg

ImageVroeg Dinsdagoggend het die dodetal in Italië gestyg tot 179,waarvan 40 mense nog geïdentifiseer moet word, het amptenare gesê. Hulle het bygevoeg dat 37 mense steeds weg is. Die geskatte aantal mense wat haweloos is, is 17 000, ‘n laer getal as wat voorheen aanvaar is, omdat baie mense by vriende en familie onderdak gevind het.

Die aardbewing van 6,3 op die Richterskaal het erge skade aangerig aan historiese geboue in die Middeleeuse dorpe in die bergagtige Abruzzo-streek oos van Rome. Die sterftes en episentrum was gesentreer is L’Aquila, ‘n skilderagtige gefortifiseerde stad, maar meer as 26 nabygeleë dorpies is ook geaffekteer, sommige redelik ernstig. Historiese geboue in die omliggende streek in die Apennyne-berge is ook beskadig.

“Sommige stede in die gebied is amper heeltemal vernietig,” het Gianfranco Fini, die speaker van die laerhuis van parlement in Rome gesê voor ‘n oomblik van stilte gehou is.

Eerste minister Silvio Berlusconi, wat ‘n besoek na Moskou gekanselleer het om die omgewing per helikopter te besoek het ‘n noodtoestand afgekondig.

“Dit is ‘n ramp soos ons nog nooit voorheen gesien het nie,” het Franco Totani, ‘n prokureur gesê wat L’Aquila verlaat het om by ‘n oom in Rome te bly. “Ek het al voorheen aardbewings gesien, maar dié is ‘n katastrofe.”

Gianfranco Cioni, ‘n argitek in L’Aquila het gesê die owerhede moes die inwoners waarsku teen die bedreiging van ‘n aardbewing. “Ons het drie maande van trillings gehad, elke een sterker as die vorige keer,” het mnr. Cioni gesê.

Die aardbewing het omstreeks 3:30 Maandagoggend getref en kon so ver as Rome gevoel word, waar dit meubels geskud het en motoralarms laat afgaan het. Die Amerikaanse Geologiese afdeling het gesê dit was een van verskeie aardbewings wat die streek getref het. Van die plekke wat die ergste getref is is Onna, ‘n landelike dorpie met minder as 400 mense. Ten minste 37 van die mense in die dorpie is dood, het die ANSA-nuusagentskap berig. Onna se ouer twee- en drieverdieping geboue is byna almal tot rommelhope gereduseer.

Naskokke het die heel dag deur die gebied geskud tot in die aand, toe swaar reën begin val het en reddingspogings in die wiele gery het. Mense het naarstiglik met hulle kaal hande deur die puin gegrawe op soek na oorlewendes.

Seismiese aktiwiteit is redelik algemeen in Italië, maar ‘n aardbewing met die intensiteit van Maandag s’n is skaars. Dit is die ergste in Italië sedert ‘n aardbewing wat 6,9 op die Richterskaal gemeet het Eboli, suid van Napels in 1980 getref het, en meer as 2 700 mense dood gelaat het.

Die laaste groot aardbewing wat sentraal Italië getref het was in die Molise gebied in 2002, wat 28 mense gedood het, insluitend 27 kinders wat dood is toe hulle skool ineengestort het.справка освобождение отАлександр Фильчаков прокурор