‘Ek’s nou baas…’

Die plaaswerker Chris Mahlangu en sy minderjarige medebeskuldigde het glo oor die moord op Eugene Terre’Blanche, AWB-leier, “gespog”, het die hof Dinsdag gehoor. Albei getuies wat op ‘n buurplaas woon, het in die rondgaande hof op Ventersdorp gesê die twee het kort ná die moord erken dat hulle Terre’Blanche op 3 April verlede jaar vermoor

Lees verder: ‘Ek’s nou baas…’

Getuie wys skuldiges uit in ET-moord

‘n Plaaswerker het Dinsdag getuig dat Chris Mahlangu en sy minderjarige medebeskuldigde erken het dat hulle die AWB-leier, Eugene Terre’Blanche gesteek het. “Op 3 April 2010 het ek in my woonplek gesit en hulle het ingekom en gesê hulle het Terre’Blanche gesteek,” het Richard Silane in die rondgaande hof op Ventersdorp getuig. “Hulle het ‘n

Lees verder: Getuie wys skuldiges uit in ET-moord

Blitsbukse! van Renault en Volkswagen

Wanneer ‘n mens aan blitsbukse dink, dan kom daar gewoonlik net een naam sonder inspanning in jou gedagtes op: GTi. Party ouens sal dalk nog Gsi of RSi onthou, maar GTi is die een wat altyd uitstaan. {jathumbnail off} Ons het in die gees van ‘n regte egte blitsbuks drie baie warm motors onder hande

Lees verder: Blitsbukse! van Renault en Volkswagen

Dene Smuts verkies wit DA

Die stryd om die parlementêre leierskap in die DA, is duidelik wit op swart. ‘n Senior wit DA-lid van die parlement, Dene Smuts sal Athol Trollip vir die party se parlementêre baas kies, teen Trollip se uitdager, Lindiwe Mazibuko. Smuts, die party se hoë-profiel-woordvoerder oor justisie, het gister gesê sy sal vir Trollip in die

Lees verder: Dene Smuts verkies wit DA

Onderwysers dop laerskoolwiskunde

Baie Suid-Afrikaanse onderwysers kan nie wiskundevrae gebaseer op die kurrikulum een ​​of twee jaar bo die graad wat hulle gee, beantwoord nie. Slegs 53% van graad 4 se wiskunde-onderwysers kon drie jaar gelede ‘n eenvoudige breukvraag wat gebaseer is op die graad 6-kurrikulum, korrek beantwoord, het ‘n studie bevind. Slegs 72% van graad 5 se wiskunde-onderwysers

Lees verder: Onderwysers dop laerskoolwiskunde

Irak dreig om bande met VSA te verbreek

Bagdad dreig om sy militêre bande met Washington aan die einde van hierdie jaar te verbreek en privaatkontrakteurs te gebruik om sy gewapende magte op te lei. Die twee kante sukkel om ooreen te kom oor ‘n klein aantal Amerikaanse troepe wat in Irak sal aanbly nadat die VSA onttrek het. Die twee partye het

Lees verder: Irak dreig om bande met VSA te verbreek

Geweld teen Christene in Egipte veroordeel

Die dood van minstens 25 Koptiese Christene wat die afgelope naweek in Kaïro in geweld gesterf het, het Maandag ernstige kommer in Amerika en in Europa gewek. Spanning in Egipte tussen godsdiensgroepe is aan die oplaai. Die slagoffers is Sondag dood toe Egiptiese soldate met pantservoertuie onder ‘n groep Koptiese betogers buite die nasionale TV-sentrum

Lees verder: Geweld teen Christene in Egipte veroordeel

AWB wag, moordenaar lag

Die moordverhoor van die twee mans wat beskuldig word van die moord op Eugene Terre’Blanche in Ventersdorp is deur ‘n groep AWB-ondersteuners in kakieklere bygewoon wat buite die hof gewag het. Omtrent ses polisievoertuie was reeds vroegoggend buite die hof geparkeer, terwyl die klein groepie AWB-ondersteuners hulleself oorkant die straat onder ‘n gazebo tuisgemaak het.

Lees verder: AWB wag, moordenaar lag