Mugabe nie in Bloemfontein nie

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe het nie die ANC se eeufeesvieringe bygewoon nie, het die staatsmedia berig. Volgens Mugabe se woordvoerder, George Charamba, kon die Zimbabwiese leier nie die feesvieringe in Bloemfontein persoonlik bywoon nie. Charamba het bevestig dat Mugabe na die eeufees genooi is, maar die leier is tans met verlof in die Verre

Lees verder: Mugabe nie in Bloemfontein nie

Zuma prys wit aktiviste

President Jacob Zuma het Sondag spesiale hulde gebring aan talle wit aktiviste wat hulself vir demokratiese verandering in die land beywer het. “Die ANC het nog altyd en koester nog steeds (hul) bydrae,” het hy aan duisende Suid-Afrikaners gesê wat dapper genoeg was om in die skroeiende hitte by die Vrystaat-stadion saam te kom. “Hierdie

Lees verder: Zuma prys wit aktiviste

Drie vas in Bloemfontein vir laser teen heli’s

Twee mans en ‘n kind is naby Bloemfontein in hegtenis geneem nadat hulle lugvaartreëls oortree het, het die polisie Sondag gesê. ‘n 45-jarige man, sy 14-jarige seun en hul 22-jarige vriend is Saterdagaand in hegtenis geneem nadat hulle ‘n groen laserlig op helikopters, wat by die Bloemfontein Lughawe en die Bloemspruit-lugmagbasis opstyg, gerig het. Die

Lees verder: Drie vas in Bloemfontein vir laser teen heli’s

PRAAG loods ‘digiTAAL’

PRAAG loods met die aanvang van 2012 ‘n splinternuwe projek genaamd digiTAAL. “Afrikaans het ‘n staatlose taal geword, maar kan in digitale vorm oorleef,” sê dr. Dan Roodt, direkteur van PRAAG. By sy jaarvergadering in Februarie verlede jaar, het die organisasie ‘n hele aantal planne bedink wat binnekort tot uitvoering gebring gaan word. Een daarvan

Lees verder: PRAAG loods ‘digiTAAL’

Aardskuddende hofsake van PRAAG, Boereleed?

Binnekort gaan ‘n vergadering van die PRAAG-bestuur, tesame met mnr. Albert Boshoff van die Boereleed-navorsingsinstituut, plaasvind. Boshoff ondersoek reeds geruime tyd die moontlikheid om ‘n menseregtesaak teen Groot Brittanje te open vir die behandeling waaraan Boere en Afrikaners in die konsentrasiekampie en op plase tydens Roberts en Kitchener se verskroeide-aardebeleid ná 1900 onderwerp is. Groot

Lees verder: Aardskuddende hofsake van PRAAG, Boereleed?

VSA: Kuberoorlog en onbemande tuie

President Barack Obama het Donderdag ‘n verdedigingstrategie onthul wat die Amerikaanse militêre teenwoordigheid in Asië sal uitbrei, maar hul totale uitgawes sal besnoei. Die Pentagon probeer om uitgawes te verminder met byna ‘n half triljoen dollar na ‘n dekade van oorlog. Die strategie, indien dit deurgevoer word, sal die wêreld se grootste militêre moondheid hervorm.

Lees verder: VSA: Kuberoorlog en onbemande tuie

SA-Suidpoolspan lê derde

Die Suid-Afrikaanse span wat deelneem aan die Scott-Amundsen-eeufeestog na die Suidpool, is tans in die derde plek. Sewe spanne van oor die wêreld het Woensdag in uiterste toestande met dié geskiedkundige tog begin, nadat swaar sneeustorms die wegspring met vier dae vertraag het. Die spanne is met Dakotas na Antartika gevlieg. Organiseerders reken die tog

Lees verder: SA-Suidpoolspan lê derde

Polisie onderdruk geweld in Bloemfontein

Die polisie het vier mense weens openbare geweld in Botshabelo buite Bloemfontein in hegtenis geneem. Woedende betogers het die pad met swaar voorwerpe versper en gesê hulle moes al hulle pligte as reëlingsbeamptes vir die ANC se eeufeesvierings begin het. Hulle sê Botshabelo-reëlingsbeamptes is uitgesluit van die lys van diegene wat by die feesvierings ontplooi

Lees verder: Polisie onderdruk geweld in Bloemfontein

Mat onder Persiese wewers uitgetrek

Iran se beroemde matbedryf staar toenemende mededinging van Pakistan en China in die gesig. Iran se meer as een-miljoen wewers maak jaarliks matte met ‘n uitvoerwaarde van sowat 500-miljoen dollar – een van die land se winsgewendste uitvoerprodukte naas olie. Die VSA het in 2010 ‘n verbod op die invoer van Iran se Persiese matte

Lees verder: Mat onder Persiese wewers uitgetrek

Dan Roodt publiseer Kindle-boek

Dr. Dan Roodt van Praag het so pas ‘n e-boek in Engels via Amazon.com se Kindle-stelsel gepubliseer met die titel Johannesburg in five. Die verhaal handel oor vyf minutein Johannesburg waartydens ‘n moord in ‘n parkeergarage in Sandton City plaasvind, asook ‘n skaremoord op ‘n Malawiër in Diepsloot. “Ek was eintlik besig om James Joyce

Lees verder: Dan Roodt publiseer Kindle-boek