Die Suid-Afrikaanse span wat deelneem aan die Scott-Amundsen-eeufeestog na die Suidpool, is tans in die derde plek.
Sewe spanne van oor die wêreld het Woensdag in uiterste toestande met dié geskiedkundige tog begin, nadat swaar sneeustorms die wegspring met vier dae vertraag het.
Die spanne is met Dakotas na Antartika gevlieg. Organiseerders reken die tog van 704-kilometer na die Suidpool sal 25 dae duur, indien die weer gunstig is.
Die lede van die Suid-Afrikaanse span – Braam Malherbe en Peter van Kets – het via Twitter laat weet dat die geleentheid om die plat, uitgestrekte ys-woestyn te ervaar, ‘n mens nederig laat voel.
Die temperatuur is minus 35 grade Celsius.
