Die uitvoerende hoof van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat), Ntombenhle Nkosi, is tydens ‘n tugverhoor aan finansiële wanbestuur skuldig bevind en summier afgedank. ‘n Pansat-woordvoerder, het Dinsdag gesê Nkosi is reeds op 20 Februarie 2009 weens bewerings van finansiële wanbestuur geskors. Lees verder.интернет магазины детскаяпрокурор Фильчаков
Swart skole gaan verengels om lae standaard te troef
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Dinsdag verslag gedoen oor 2011 nasionale assesseringstoetse waarin gr. 3- en gr. 6-leerlinge onderskeidelik 35% en 28% vir geletterdheid en 28% en 30% vir gesyferdheid behaal het. Sowat 6 miljoen kinders het in Februarie die toetse geskryf sodat die onderwysdepartement ‘n basisvlak vir vaardighede in Suid-Afrikaanse skole kon
Lees verder: Swart skole gaan verengels om lae standaard te troef
Eskomverhogings sal soos hartaanval wees
Die VF Plus gaan Eskom se aansoek by NERSA vir verdere tariefverhogings teenstaan. Adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor energie, het aangedui dat in die lig van Eskom se wins en die vorige toegestaande verhogings Eskom alreeds spasie gegee is om sy huis in orde te kry. “Eskom wil eintlik die totale verhoging wat
Nasionalisering geniet wye steun in ANC
Die Vryheidsfront Plus het gesê dat daar toenemend tekens is dat daar sterk ondersteuning vir nasionalisering binne die ANC-alliansie bestaan. Dit volg na berigte dat Cosatu asook die ANC in die Noordwes-provinsie ‘n beleid van nasionalisering amptelik ondersteun. Die VF Plus het ook Suid-Afrika se amptelike opposisie, die Demokratiese Alliansie, gekritiseer oor hulle stilte rakende
China verwelkom Soedan se omstrede president
China het die omstrede president van Soedan, Omar al-Bashir, in die land verwelkom. Dié besoek het opslae gemaak omdat die internasionale strafhof voorheen ‘n lasbrief uitgereik het vir al-Bashir se inhegtenisname vir volksmoord, oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom in Darfoer. Dis die eerste lasbrief van sy soort wat vir die inhegtenisname van ‘n president
Internasionale juridiese gewete?
Die lasbrief wat die Internasionale Strafhof in Den Haag vir Moeammar Ghaddafi, sy seun en “troonopvolger” en die hoof van Intelligensie uitgereik het, stuur skokgolwe oor die wêreld. Veral uit Afrika is daar ontsteltenis. Die optrede kan egter beswaarlik as anti-swart afgemaak word. Lasbriewe op aanklagte wat met volksmoord, of die doodmaak van burgerlikes verband
Maatreëls om grondhervorming te bespoedig
Pres. Jacob Zuma het op die vergadering van Cosatu se sentrale komitee maatreëls aangekondig om grondhervorming te bespoedig. Dit sluit onder meer in: – Die aanstelling van ‘n waardeerder-generaal om die herverspreiding van grond te bespoedig; – ‘n Grondbestuurskommissie gaan opgerig word om grondtransaksies te ondersoek en titelaktes te hersien; – ‘n Huurpagwetsontwerp wat sal
Veel te lees in onafhanklike Vlaamse buitelandse beleid?
Die Vlaamse koerant, De Standaard, maak groot gewag van die Vlaamse Minister-president (premier), Kris Peeters se besluit om regstreeks amptelik met buitelandse regeringsleiers te skakel. Peeters maak dit duidelik dat die tyd verby is dat deelstate die posisie van tweede of selfs derde regeringsvlak inneem. Ter agtergrond: België het geleidelik meer en meer die karakter
Lees verder: Veel te lees in onafhanklike Vlaamse buitelandse beleid?
Ope brief aan Naspers en Media24
Die direkteure van Naspers, Die direkteure van Media 24, Die redakteur van Beeld, Die redakteur van Volksblad, Die redakteur van Rapport. I/s: Die verval van ‘n etiese gedragskode binne die media Ek rig die volgende skrywe aan u om duidelikheid te probeer kry oor ’n paar opvallende aspekte binne die spesifieke koerante, soos verteenwoordig deur
PRAAG ontketen leierskapsgeveg in DA
Na aanleiding van ‘n PRAAG-aksie teen die anti-Afrikaanse uitlatings van mnr. Athol Trollip in ‘n e-pos aan mnr. Jaap Kelder, het ‘n leierskapsgeveg blykbaar in die DA ontstaan. Mnr. Athol Trollip, wat onder kritiek van dr. Dan Roodt van PRAAG deurgeloop het, word om die parlementêre leierskap van die party deur me. Lindiwe Mazibuko uitgedaag.
