Swart skole gaan verengels om lae standaard te troef

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Dinsdag verslag gedoen oor 2011 nasionale assesseringstoetse waarin gr. 3- en gr. 6-leerlinge onderskeidelik 35% en 28% vir geletterdheid en 28% en 30% vir gesyferdheid behaal het.

Sowat 6 miljoen kinders het in Februarie die toetse geskryf sodat die onderwysdepartement ‘n basisvlak vir vaardighede in Suid-Afrikaanse skole kon stel.

Motshekga het gesê die uitdaging is nou om die vaardigheidsvlakke teen 2014 tot minstens 60% te verbeter.

Die hoogste punt van 43% vir geletterdheid in die Wes-Kaap se gr. 3-groep was steeds ver onder die mikpunt, het die minister gesê.

Meer as 80% van gr. 3- en gr. 6-kinders in Limpopo, Mpumalanga en Noordwes kon nie die verwagte gesyferdheidsvlakke eens naastenby behaal nie.

Swart kinders wat hul skoolloopbaan met moedertaalonderrig begin het, moes in gr. 3 na Engels oorskakel. Dit is as een van die striemende faktore in die verslag uitgelig.

Die departement het dus besluit om van volgende jaar af Engels as ‘n verpligtende vak in gr. 1 in te stel. Dié besluit is gemik op skole waar leerlinge se huistaal nie Engels is nie.

Skoolvakke gaan volgende jaar verminder word van agt tot ses in die intermediêre fase (gr. 4 tot gr. 6). Onderwysers sal voortaan op grondslagvaardighede fokus, meen die departement.

 

boost followersФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae