Amerikaanse pogings om die vredesproses in die Midde-Ooste weer aan die gang te kry, het ‘n terugslag beleef nadat president Barack Obama en Israeli premier Benjamin Netanyahu se ontmoeting tekens van spanning getoon het. Nadat die twee ‘n uur en 40 minute lank gesels het, wou die Amerikaanse president nie saam met sy Israelse eweknie
Gorbatsjof sê VSA kan nie wen in Afghanistan
Voormalige Sowjetpresident Mikhail Gorbatsjof, 78, sê die VSA sal nie die konflik in Afghanistan baasraak nie en moet hulle soldate onttrek. Hy het verwys na Rusland se ervaring in die land gedurende die tagtigerjare. Afghanistan, waar die VSA en NAVO ‘n Taliban-insurgensie probeer kortvat, is te verdeel in stamme om militêr te oorwin, het Gorbatsjof
Al-Kaida-hoof gedood
Veiligheidsmagte van Irak het Dinsdag ‘n hoof van Al-Kaida doodgeskiet nadat hulle hom op ‘n plaas in die Salaheddin provinsie gevind het, het die polisie gesê. Hazim Ismail, wat ook bekendstaan as Abu Janna, 35, is al sedert 2005 soek vir ontvoerings en moorde. ‘n Leidraad het die polisie na die plaas tussen Samarra en
Gedagtepolisie
{jathumbnail off} line casinoФільчаков прокурор
Hase gee hoop
Erektiele weefsel van hase wat suksesvol in ‘n laboratorium herstel is, kan dalk hoop bring aan mans wat sukkel met erektiele disfunksie. Volgens kundiges in Amerika sal hierdie deurbraak deur navorsers aan Noord-Carolina se Wake Forest-universiteit nuwe hoop gee aan mans wat weens mediese toestande aan erektiele disfunksie ly. Tydens hulle studie het navorsers gladde
Twee Brasiliaanse stede donker
Twee van Brasilië se grootste stede is Dinsdagaand deur ‘n reuse-kragonderbreking getref. Volgens mediaberigte is groot dele van Rio de Janeiro en Sao Paulo in die duister gedompel weens probleme by een van die land se hidro-elektriese damme. Na bewering het Brasilië sowat 17 000 megawatt elektrisiteit verloor nadat ‘n probleem by die Itaipu-dam onstaan
AK-47 se skepper word 90
Die Russiese skepper van die AK-47-aanvalsgeweer het homself op sy 90ste verjaarsdag as ‘n gelukkige man wat oor net ‘n paar dinge spyt is, beskryf. “Ouderdom is nie belangrik nie, ek het nog baie lewe in my,” het die gryskop-uitvinder in ‘n onderhoud wat op televisie in Rusland gebeeldsend is gesê. Mikhail Kalashnikov, wat sy
Malema tokkel weer ‘rassisme’-snaar
Die ANC-jeugliga het Dinsdag die DA gevra om “stil te bly” en het die party daarvan beskuldig dat hulle klagtes oor die kostes van Julius Malema se sekuriteit rassisties is. “Die verklarings wat deur die regse politieke partye uitgereik, veral van die DA, in verband met dié vertroulike kwessie, kom duidelik van die rassistiese tradisies
Zille gee lys wette wat dienslewering ophou
Helen Zille, Wes-Kaapse premier het ‘n lys van nasionale wette wat dienslewering in die provinsiale regering vertraag, aan die presidensie, regering asook die ministerie vir tradisionele aangeleenthede oorhandig. Dít kom na ‘n versoek wat pres. Jacob Zuma aan die Wes-Kaapse provinsiale regering op 13 Augustus, tydens ‘n vergadering in Pretoria, gerig het. Die lys van
Etniese geweld bars in Kongo los
Volgens die Verenigde Nasies se Konsortium vir Vlugtelinge het sowat 20 000 mense uit die noorde van Kongo gevlug weens etniese geweld. Sestig mense is reeds dood. Andrej Mahecic , woordvoerder vir die Konsortium, sê die Munzayas het klaarblyklik uit die Kongo se Equateurprovinsie gevlug toe Enyele stamlede hulle aangeval het. Volgens ooggetuies het ‘n
