Volgens die Verenigde Nasies se Konsortium vir Vlugtelinge het sowat 20 000 mense uit die noorde van Kongo gevlug weens etniese geweld.
Sestig mense is reeds dood.
Andrej Mahecic , woordvoerder vir die Konsortium, sê die Munzayas het klaarblyklik uit die Kongo se Equateurprovinsie gevlug toe Enyele stamlede hulle aangeval het.
Volgens ooggetuies het ‘n burgermag van Enyele stamlede ”van huis tot huis gegaan, eplunder, verkrag en gemoor”.
Die geweld spruit blykbaar uit visvang- en landbouregte.
