Twee van Brasilië se grootste stede is Dinsdagaand deur ‘n reuse-kragonderbreking getref.
Volgens mediaberigte is groot dele van Rio de Janeiro en Sao Paulo in die duister gedompel weens probleme by een van die land se hidro-elektriese damme.
Na bewering het Brasilië sowat 17 000 megawatt elektrisiteit verloor nadat ‘n probleem by die Itaipu-dam onstaan het. Hierdie dam is op die grens tussen Brasilië en Paraguay.
Owerhede kon nie dadelik kommentaar lewer oor die voorval nie.
