AK-47 se skepper word 90

Die Russiese skepper van die AK-47-aanvalsgeweer het homself op sy 90ste verjaarsdag as ‘n gelukkige man wat oor net ‘n paar dinge spyt is, beskryf.

“Ouderdom is nie belangrik nie, ek het nog baie lewe in my,” het die gryskop-uitvinder in ‘n onderhoud wat op televisie in Rusland gebeeldsend is gesê.

Mikhail Kalashnikov, wat sy das versier het met ‘n metaalspeld in die vorm van ‘n AK-47, het op sy verjaarsdag patriotiese gedigte aan joernaliste voorgelees in sy tuisdorp, Izhevsk wat sowat 1 300km van Moskou geleë is.

Hy word as ‘n held in Rusland beskou vir die ontwerp van die AK-47, wat ook die “Kalashnikov” genoem word en wat die topkeuse van weermag- en guerrilla-groepe regoor die wêreld is.

Meer as eenhonderd miljoen Kalashnikovs is reeds wêreldwyd verkoop, maar die Rus, ‘n veteraan van die Tweede Wêreldoorlog, het skaars ‘n wins van sy uitvindsel gemaak.

“In al my 90 jare voel ek soos ‘n gelukkige man,” het Kalashnikov in ‘n onderhoud met die regeringskoerant, Rossiiskaya Gazeta gesê.

“Natuurlik soos met enige mens, is ek spyt oor ‘n paar dinge, maar een ding kan ek sê, ek sou dit nie anders wou hê as die keuse vir my gegee is nie,” het Kalashnikov gesê.

Toe hy tydens ‘n skermutseling in die oorlog gewond is, het Kalashnikov, gedryf deur Rusland se nederlae teen ‘n Duitse weermag wat veel beter gewapen was, aan sy geweer begin werk.

Die Kalashnikov het vinnig opgang gemaak en is hoog op prys gestel vir sy betroubaarheid in moeilike omgewingsituasies.

 

липецк прочийФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae