Gaddafi se dood bedenklik

Daar bestaan ‘n hele aantal onbeantwoorde vrae rondom Navo se optrede tydens die aanval op Moeammar Gaddafi se konvooi, het die Russiese minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, gesê. “Die manier waarop Gaddafi dood is laat ‘n klomp vrae onstaan,” het Lavrov gesê. “Daar moet na Navo se aksies gekyk word in die lig van

Lees verder: Gaddafi se dood bedenklik

Jeugliga kap myne

Die Suid-Afrikaanse Youth Council, die Jong Kommunistiese Liga, Sasco en Azapo het hulle stemme gevoeg by die van die minister van polisie, Nathi Mthethwa, en minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, om die beplande optog van die ANC-Jeugliga te veroordeel. Die Jong Kommunistiese Liga se nasionale sekretaris, Buti Manamela, het gesê sy organisasie sal “nie belangstel

Lees verder: Jeugliga kap myne

Craig Joubert is ‘n “dief”

Daardie Hugenote-van van die skeidsregter in die Wêreldbeker-rugbytoernooi-eindstryd, het hom nou probleme op die hals gehaal. Franse voel oor Craig Joubert soos Bokondersteuners oor Bryce Lawrence se skokkende partydigheid in die halfeindstryd tussen die Springbokke en die Wallabies voel. Die Franse het Joubert se Wikipedia-profiel ‘n bietjie aangepas nadat die Hane die eindstryd teen die

Lees verder: Craig Joubert is ‘n “dief”

Tyd vir plaasinvalle is verby, sê Zim-goewerneur

Die goewerneur van die Midlandsprovinsie in Zimbabwe, Jason Machaya, het gewaarsku dat indringers op die plaas van Derek Shaw, een van Zimbabwe se min oorblywende wit melkboere, moet ligloop. Die goewerneur het ook die nuutste vlaag van plaasbesettings veroordeel en gesê: “Die tyd vir plaasinvalle is verby”. Die afgelope week het meer as 200 onwettige

Lees verder: Tyd vir plaasinvalle is verby, sê Zim-goewerneur

‘Dis nie asof hy gesê het koelies steel nie’

Twitter was Donderdag in rep en roer oor die “koelie”-woord.  Pedi-sprekers het op die sosiale netwerk-webwerf toegesak om te verduidelik dat die woord in Pedi “Indiese” beteken en nie “koelie” nie. Net so beteken amaNdiya in Nguni ook “Indiese”. ‘n Professor van Linguistiek by die Universiteit van die Wes-Kaap, Rajend Mesthrie, het gesê dit is

Lees verder: ‘Dis nie asof hy gesê het koelies steel nie’

Duurste bank word duurder

Die bankreus, Absa, wat verlede jaar in die Solidariteit Beweging se eerste bankkosteverslag as een van die twee duurste banke in Suid-Afrika aangewys is, het sy status behou. Boonop het die bankkoste van dié bank se goedkoopste rekening met 8% gestyg terwyl Capitec se bankkoste glad nie vanjaar gestyg het nie. Dít is enkele bevindings

Lees verder: Duurste bank word duurder