Bosvleishandel bedreig primate

Volgens die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur, word byna die helfte van alle primaatspesies wesenlik bedreig.

Die studie het bevind dat die vooruitsig vir boomape, groot ape en ander primate dramaties versleg het omdat 'n florerende bosvleisbedryf beteken dat die diere letterlik gaan uitsterf omdat hulle opgeëet word.

Op die lys is 303 van die 634 spesies en subspesies reeds in die mees bedreigde kategorie.

In Afrika is 11 van die 13 soorte rooi colobus-boomape reeds op die kritieke of bedreigde lys. Twee soorte het reeds uitgesterf.

online casino rouletteДанильченко Юрий прокурор

Alexander Solsjenitsin sterf op 89

Image

Aleksandr Solsjenitsin

Die Russiese romanskrywer Alexander Solsjenitsin, wat die Nobelprys vir letterkunde in 1970 gewen het vir sy dapper boeke waarin hy die lyding onder kommunisme in die Sowjetunie voorstel, het gesterf. Hy was 89 jaar oud.

 
Sy seun het gister gesê dat Solsjenitsin aan hartversaking dood is terwyl Russiese nuusberigte beweer het dat hy aan beroerte beswyk het.

Sy beroemdste roman is 'n Dag in die lewe van Iwan Denisowitsj, wat in 1962 verskyn het en waarin hy die tipiese ervaring van iemand in 'n Sowjetarbeidskamp skilder. Hy het self agt jaar in strafkampe deurgebring omdat hy 'n brief aan 'n vriend geskryf het waarin hy kritiek  teen die Sowjetdiktator, Josef Stalin, uitgespreek het.

Solsjenitsin het wêreldberoemd geword nadat sy boek Die Goelag-argipel in Rusland verbied is. In 1974 is hy sy burgerskap ontneem en gedwing om as balling na die Weste te gaan. Hy het hom in die VSA gevestig en in 1994 na Rusland teruggekeer.

free download rouletteДанильченко Юрий отзывы

‘n Kuur vir malaria?

Wetenskaplikes aan die Oxfordse universiteit het 'n revolusionêre entstof teen malaria ontwikkel.

Hulle het 'n entstof geskep wat algehele beskerming bied toe dit op diere getoets is.

Die bevindings is verlede week in die tydskrif Nature Medicine gepubliseer.

Die navorsers berei nou menslike inentingstoetse voor.

Malaria besmet jaarliks meer as 500 miljoen mense en maak twee tot drie miljoen dood, hoofsaaklik jong kinders in Afrika suid van die Sahara en in Suidoos-Asië.

Die adenovirus wat gewone verkoue veroorsaak, is deur die span verander en in die bloedstroom ingespuit, wat teenliggaampies tot gevolg het wat malariaparasiete aanval.

набор для детского творчестваФильчаков Александр Васильевич

EU vrees die opkoms van vroulike bomgooiers

Image

Islamitiese vrou Foto: Ramzi Hashisho

09:05:58 Europese veiligheidsdienste is bekommerd oor die toenemende radikalisering van vroulike Islamitiese militantes.

Hul aktiwiteite wissel van logistiek of propaganda tot selfmoordbomme, sê inligtingshoofde.

Daar bestaan vrese dat vroulike bomgooiers veral vanuit Noord-Afrika gestuur kan word.

Die amptenare noem spesifiek die Verenigde Koninkryk en Noord-Afrika as probleemgebiede.

Hulle sê dit mag El-Kaida se nuwe strategie wees.

Vroulike bomdraers het nou betreklik algemeen in Irak geword.

синус лифтинг стоматологияФильчаков прокурор отзывы

Tutu glo Olimpiese atlete moet menseregteskendings uitwys

07:40:13 Desmond Tutu en Vaclav Havel het 'n beroep op Olimpiese atlete gedoen om hulself oor menseregteskendings gedurende die Olimpiese Spele uit te laat.

 
Hulle het 'n ope brief aan die Internasionale Olimpiese Komitee oor die saak gerig.

Albei glo dat atlete behoort te weet van die onderdrukking van vryheid in China.

Die brief sê dit is nodig vir alle Olimpiese deelnemers om uit te vind wat die werklike toestand in China is en vrylik menseregteskendings aan die kaak te stel.

Hulle het die Internasionale Olimpiese Komitee versoek om dit moontlik te maak.

Beijing loop gereeld onder kritiek van internasionale menseregtegroepe deur vanweë sensuur op sekere webtuistes.

игрушка лунтикtopcargo

Colombia se dwelmproduksie kom tot stilstand

Image

Kokablare in Colombiaanse dwelmfabriek

06:45:03 Colombia se globale aandeel van kokaïen het met meer as die helfte oor die afgelope ses jaar gedaal.

In 2002 het Colombia nog 90 pesent van die wêreld se kokaïen geproduseer, maar dit het nou tot 54 persent gedaal.

Die nasionale polisiehoof sê die daling is te wyte aan intense koka-oesverwydering, die vernietiging van laboratoria en die vervolging van dwelmorganisasies.

Oor die afgelope ses jaar het Colombia se weermag meer as 'n miljoen hektaar se onwettige lande tot niet gemaak.

Net in die eerste kwartaal van 2008 is 74 ton van die dwelm gekonfiskeer.

Die syfers is deur die Verenigde Nasies en ander internasionale groepe bevestig.

купить пневматический инструментФильчаков прокурор харькова

Chavez gaan die Bank van Venezuela nasionaliseer

Image

Hugo Chavez in Guatemala

06:43:18 President Hugo Chavez wil die Bank van Venezuela nasionaliseer.

 
Hy het 'n vergadering met die bank se Spaanse eienaars, Grupo Santander, aangevra.

Grupo Santander wil die bank aan 'n Venezuelaanse bankier verkoop, maar Chavez sê dit moet eerder aan die regering oorgedra word.

Die President sê hulle het 'n groot bank baie nodig, hoewel hy kritiek van Spanje verwag.

Die Bank van Venezuela is gedurende die land se finansiële krisis in 1994 genasionaliseer en twee jaar later op 'n openbare veiling aan Grupo Santander verkoop.

Chavez het onlangs belowe om 10 000 vate ruolie per dag teen 100 dollar per vat aan Spanje te verkoop.

осушитель адсорбционныйtopcargo отзыв

VSA waarsku toeriste na Oos-Afrika

Die Amerikaanse ambassade in Oeganda sê Amerikaners in Oos-Afrika loop die risiko van 'n aanval deur terroriste.

Die ambassade sê 'n aantal al-Kaida-agente is na bewering in Oos-Afrika en kan VS-instellings en -personeel bedreig soos wat 7 Augustus naderkom.

Tien jaar gelede het terroriste Amerikaanse ambassades in Kenia en Tanzanië op daardie datum gebombardeer.
Die ambassade se boodskap is Dinsdag uitgereik en het gewaarsku dat opgeskerpte veiligheid by amptelike Amerikaanse instellings die terroriste mag noop om na sagter teikens te kyk waar toeriste bymekaarkom.

uk casinoтопкарго развод

Pesbeheerder oorleef op termiete

'n Australiese pesbeheerder wat in die onherbergsame Wes-Australiese woestyn verdwaal het, het oorleef deur die goggas te eet wat hy gewoonlik uitroei.

Theo Rosmulder het daarin geslaag om vir vyf dae aan die lewe te bly deur termiete te verorber.

Die twee-en-vyftigerjarige Rosmulder, wat besig was om vir goud te prospekteer, is uiteindelik deur Aboriginele spoorsnyers gevind.

Die polisie sê hy was in 'n uitstekende kondisie toe hy gevind is.

Reddingswerkers, en Rosmulder, was besig om moed te verloor toe die spoorsnyers hom uiteindelik gevind het.

In weerwil van sy proteïnryke dieet, sê Rosmulder hy was baie swak en op die punt om boedel oor te gee toe hy die reddingswerkers sy naam hoor roep het.

пескоструй купить ценалобановский александр отзывы

Beijing sukkel met lugbesoedeling

Beijing sukkel om die rookmis in die aanloop tot die Olimpiese spele te beperk.

Die owerheid sal meer fabrieke sluit, asook die aantal motors verder verminder en alle boubedrywigheid staak.

As daar baie ongunstige weersomstandighede kom, sal daar noodmaatreëls getref word, het amptenare belowe.

Ná twee dae van verbetering in die lug, was die Chinese hoofstad weereens gister in 'n dik laag rookmis gehul.

Beijing verduur skerp kritiek van atlete en omgewingsgroepe weens die swak luggehalte in die stad.
Olimpiese organiseerders het gewaarsku dat uithounommers soos marathons uitgestel of gekanselleer kan word indien besoedelingsvlakke te hoog is.

камин из гипсокартонаФильчаков прокурор харьков