Pres. Jacob Zuma is al tevore oor die kole gehaal oor stellings met ‘n godsdienstige strekking, en wat aan ‘n breë spektrum aanstoot gee. Onder sy gevleuelde woorde tel dat die ANC aan bewind sal bly tot die wederkoms, en dat voorvadergeeste diegene sal kom regsien wat nie vir die ANC stem nie. Die storms
Rotterdam: registrasie van etnisiteit werk
Op die oog lyk etniese registrasie na ‘n kleinigheid. Maar in Nederland het die kwessie in ‘n twispunt ontaard. ‘n Deelgemeente by name Charlois in Rotterdam hou van alle etniese risikogevalle boek. Daar word iemand van ‘n ander afkoms as wit en Nederlands aangeteken. En indien nodig ook die ouers se etniese herkoms. Die College
Kat se gedagtes
Pumba is ‘n meester van ‘n hond se gedagtes. In die Herries se huishouding kan Pumba uitgestrek lê en tsjief-tjief en met die pote roei soos sy hase in droomland jaag, maar laat iemand in die geselskap die woorde “stap”, “loop” of enige naastenbye verwante woord in welke amptelike taal ook al gebruik, of Pumba
Anti-Mubarakprotes in Pretoria
Nagenoeg 300 betogers het ‘n vreedsame protesoptog in Pretoria gehou in solidariteit met anti-Mubarakondersteuners in Egipte. Betogers het Vrydag die straat voor die Egiptiese ambassade versper en “weg met Mubarak” gedreunsing. Dié slagspreuk, wat verwys na pres. Hosni Mubarak, is in Engels, Afrikaans, Zoeloe en Arabies geskree. Die optog is gereël deur Suid-Afrikaanse vakunies, menseregtegroepe
Winde van verandering
стоимость лечения зубовпрокурор Фильчаков
Indië voel die knyp
Die wêreldbank beskou korrupsie nie om dowe neute as die diefstal van ‘n land se toekoms nie. Kommer oor korrupsie was een van die grootste oorsake dat buitelandse beleggers in Januarie vanjaar sowat $1,4 miljard se aandele in die Indiese aandelemark verkwansel het. Onder die groot skokke was die arrestasie en aanklagte van korrupsie teen
Oproepe tot opstand in Marokko
‘n Groep jong Marokkane het Donderdag die land se inwoners opgeroep om op 20 Februarie die strate in te vaar om demokratiese hervormings en die bedanking van die regering te eis. Die groep wat op Facebook is, het na bewering 3 400 aanhangers. Die groep beywer hom vir die “waardigheid van die Marokkaanse volk”. Leiers
Gauteng se rekeninggemors
Munisipaliteite oorlaai inwoners se diensterekeninge wanneer hulle ‘n geldtekort het, het Afriforum Donderdag gesê. “Stadsrade misbruik die wet wat hulle toelaat om verbruik te skat. Wanneer stadsrade met geldprobleme sit, is die maklikste oplossing om mense se rekeninge op te jaag,” het woordvoerder Cornelius Jansen van Rensburg in ‘n verklaring gesê. Gauteng se ANC-gesinde burgemeesters
Zuma stel vertroue in Manyi
Pres. Jacob Zuma het Dinsdag sy vertroue in die nuwe kabinetswoordvoerder, Jimmy Manyi, uitgespreek ná Manyi se omstrede aanstelling in dié pos. Manyi is Woensdag in kennis gestel dat hy as die nuwe kabinetswoordvoerder aangestel is. “President Zuma het mnr. Manyi verwelkom en hom sterkte toegewens in sy nuwe pos. Hy het ook die hoop
Bejaarde aangeval by Hertzogville
Die wit gemeenskap van Hertzogville is geskud nadat ‘n bejaarde van 92 in haar huis op ‘n plaas in die distrik deur ses swart jeugdiges aangeval is. Kitty Vorster, wat mbv ‘n loopraam oor die weg kom, is erg gekneus na die aanval en ly aan skok. Sy is Woensdagaand omstreeks 8-uur oorrompeel deur die
