Anti-Mubarakprotes in Pretoria

Nagenoeg 300 betogers het ‘n vreedsame protesoptog in Pretoria gehou in solidariteit met anti-Mubarakondersteuners in Egipte.

Betogers het Vrydag die straat voor die Egiptiese ambassade versper en “weg met Mubarak” gedreunsing. Dié slagspreuk, wat verwys na pres. Hosni Mubarak, is in Engels, Afrikaans, Zoeloe en Arabies geskree.

Die optog is gereël deur Suid-Afrikaanse vakunies, menseregtegroepe asook Egiptenare wat in Suid-Afrika woonagtig is.

Fazila Majam, een van die betogers, het die media daarop gewys dat die optog op deelnemers se selfone opgeneem is, en gesê Egiptenare sal die boodskap ontvang wanneer hulle die foto’s op sosiale netwerke sien.

Sosiale netwerke het ‘n sleutelrol gespeel om die opstand in Egipte te ontketen.

Majam het gesê Egiptenare kan ‘n waardevolle les uit Suid-Afrika se stryd teen apartheid leer.

безлигатурные брекетылобановский александр харьков

Maak 'n opvolg-bydrae