‘Onskuldiges wat sterf onvermydelik’

Fikile Mbalula, adjunkminister van polisie, sê dit is onvermydelik dat onskuldige mense in die kruisvuur tussen die polisie en misdadigers getref kan word. Hy het Donderdag planne om die polisie meer mag te gee om dodelike skietkrag te gebruik, verdedig. “Onskuldiges sal altyd geteiken word,” het Mbalula aan joernaliste in die parlement gesê. “In die

Lees verder: ‘Onskuldiges wat sterf onvermydelik’

Kuba eersdaags in die duister?

Kuba het “buitengewone maatreëls” aangekondig om energieverbruik te sny tot die einde van die jaar om die gehate kragonderbrekings wat die land in 1991 met die val van hulle troue bondgenoot, die Sowjet-Unie, gekenmerk het, te probeer pypkan. In dokumente wat Reuters bekom het, waarsku owerhede dat die eiland ‘n “kritieke energietekort” in die gesig

Lees verder: Kuba eersdaags in die duister?

Bok gaan Bokke besing

Luidens ’n persverklaring gaan Bok van Blerk vier liedjies sing vir die wedstryd tussen die Springbokke en die Engelse rugbyklub Saracens. Hy is genooi om Dinsdag  in die Wembley-stadion op te tree, voor die wedstryd. Dit is die Springbokke se enigste wedstryd in Londen op hul Europese toer. “De la Rey”, “Ons Vir Jou Suid-Afrika”,

Lees verder: Bok gaan Bokke besing

Nederland kan dalk soldate na Afrika stuur

Die Nederlandse regering kan dalk soldate vir vredesoperasies na Afrika stuur. Die drie lande wat oorweeg word, is Soedan, Somalië en die DRK. Die Nederlandse oggendkoerant Algemeen Dagblad berig dat die Nederlandse minister van ontwikkelingsamewerking Bert Koenders die premier, Jan Peter Balkenende, in die geheim oor die aangeleentheid ontmoet het. Twee vise-premiers, Wouter Bos en

Lees verder: Nederland kan dalk soldate na Afrika stuur

Selebi se persoonlike vleismes

Dis dikwels die klein besonderhede in nuusberigte wat meer interessant is as die berig self. Gister berig Talk Radio 702 oor Jackie Selebi se verhoor. Tydens die berig noem die verslaggeefster dat Selebi dikwels by ‘n restaurant in Melrose Arch gaan eet het, en dat hy sy eie persoonlike vleismes daar het. Melrose Arch is

Lees verder: Selebi se persoonlike vleismes

Slagting onder boere neem toe

Terwyl die wêreld se oë op die sterftesyfer in die konflikteater in Afghanistan gerig is, het ‘n meer opspraakwekkende dodetal aan die lig gekom in ‘n land wat veronderstel is om voorspoed en vrede te beleef. Uit statistieke van die landbou-organisasie TLU SA blyk dit dat 91 Britse soldate vanjaar in die oorloggeteisterde Afganistan dood

Lees verder: Slagting onder boere neem toe

Suid-Afrikaner wen wêreldargitektuurprys

’n Suid-Afrikaanse argitek, Peter Rich van Johannesburg, het die prys vir die beste gebou ter wêreld ingepalm. Hy is by die wêreldargitektuurfees-prysuitdeling in Barcelona, Spanje, vir die ontwerp van sy Mapungubwe-interpretasiesentrum in Limpopo vereer. Sy wenstruktuur is digby die samevloeiing van die Limpopo- en die Sheshe-rivier in die Mapungubwe- Nasionale Park opgerig vir die artefakte

Lees verder: Suid-Afrikaner wen wêreldargitektuurprys