Die AWB-leier Eugene Terre’Blanche het “baie beserings”, bloed op sy gesig en ‘n panga op sy bors gehad toe hy dood aangetref is, het ‘n polisiebeampte Woensdag getuig. Sers. Jack Ramonyane het in die rondgaande hof op Ventersdorp gesê Terre’Blanche se lyk het in sy plaashuis op ‘n bed gelê. Hy is die vyfde getuie wat
Siek polisielede kos staat meer as R771 miljoen
Polisielede wat verlede jaar afwesig was by die werk weens siekte, het die belastingbetaler meer as R771 miljoen (R 771 429 000) gekos. Dit is ‘n toename van 40% (39,9) teenoor die vorige jaar (2009). ‘n Totaal van 1,5 miljoen (1 536 688) werksdae het hierdeur verlore gegaan. Dit is volgens die jaarverslag van die Polisie in die tydperk
Lees verder: Siek polisielede kos staat meer as R771 miljoen
Polisie arresteer Afrikanervrou ‘per abuis’
‘n Onderwyseres van Ermelo en haar seun is Saterdagmiddag weens ‘n polisiefout met ‘n registrasienommer in hegtenis geneem en ure lank aangehou. Indien ‘n familielid nie tussenbeide getree het en haar vrylating geëis het nie, sou sy verder aangehou gewees het en dalk haar motor kwyt gewees het. Me. Elna Middel, wat haar motor reeds
Mercedes-orgie by die SAUK
Die SAUK het R20 miljoen aan Mercedesse bestee terwyl die openbare uitsaaier begrotingshulp van die regering ontvang en joernaliste dikwels nie vervoer het om hul verslaggewingspligte na te kom nie. Die maatskappy wat die 86 Duitse luuksemotors aan die SAUK op bruikhuur verskaf het se naam is Debis Fleet Management. Die kontrak is blykbaar nooit
Nog ‘n aanval
Samantha Vice se voorstel dat wittes bietjie moet gaan nadink oor hulle rassisme het inslag gevind by swart denkers. En wat is nou makliker as die afgestorwe AWB wat nou weer in die nuus is met ET se moordverhoor, vir ‘n kapstok om alle wittes mee by te kom. Vice doen ‘n beroep op blankes
Franse en Chinese lek hul lippe af
Suid-Afrika is gereed om die grootste tender in sy geskiedenis uit te reik – ‘n beraamde een-triljoen rand kontrak om ses nuwe kern reaktors te bou teen 2030. Die departement van energiesake het sy kerntendervoorstel aan die Kabinet voorgelê en minister van energie, Dipuo Peters het gesê die voorstel sal voor die einde van hierdie
VSA beskuldig Iran van ou komplot
Die Verenigde State het Iran Dinsdag daarvan beskuldig dat hulle die Saoedi-ambassadeur in Washington wou vermoor. Dié aantyging het die stygende spanning verder laat klim en ‘n perdebynes in die Midde-Ooste oopgekrap, waar Saoedi-Arabië en Iran vir baasskap wedywer. Ontleders is egter skepties oor die tydsberekening van die onthulling, aangesien Obama reeds in Junie ingelig
Iran lag Amerikaanse aantyging af
Teheran het aantygings deur Amerika dat hulle betrokke is by die beplande sluipmoord op die Saoediese ambassadeur in die VSA ontken. Hulle het die aantygings as ‘n “nuwe anti-Iran scenario” beskryf. Volgens dié aantygings het die regering in Teheran die bevel vir die sluipmoord gegee, het ‘n amptenaar van die regering volgens die amptelike nuusagentskap
‘Ek’s nou baas…’
Die plaaswerker Chris Mahlangu en sy minderjarige medebeskuldigde het glo oor die moord op Eugene Terre’Blanche, AWB-leier, “gespog”, het die hof Dinsdag gehoor. Albei getuies wat op ‘n buurplaas woon, het in die rondgaande hof op Ventersdorp gesê die twee het kort ná die moord erken dat hulle Terre’Blanche op 3 April verlede jaar vermoor
Getuie wys skuldiges uit in ET-moord
‘n Plaaswerker het Dinsdag getuig dat Chris Mahlangu en sy minderjarige medebeskuldigde erken het dat hulle die AWB-leier, Eugene Terre’Blanche gesteek het. “Op 3 April 2010 het ek in my woonplek gesit en hulle het ingekom en gesê hulle het Terre’Blanche gesteek,” het Richard Silane in die rondgaande hof op Ventersdorp getuig. “Hulle het ‘n
