Die rasse-kwessie moenie vooropgestel word in die foto waar ‘n wit man op ‘n Facebookblad met ‘n geweer oor die lyk van ‘n swart kind staan nie, het die minister van polisie Sondag gesê. “Selfs al was die kind wit of die man swart, sodra jy die rasse-aangeleentheid uitsonder, word dit problematies. Moord is moord,”
Jeugliga mobiliseer teen tugverhoor
Regoor die land word lede van die ANC-jeugliga gemobiliseer om hul steun aan Julius Malema en Floyd Shivambu te wys, het die jeugliga Sondag verklaar. “Die nasionale uitvoerende komitee (NUK) en die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) gaan ons leierskap ondersteun en ons wil ons strukture daarvan in kennis stel,” het Ayanda Kasa Ntsobi, sekretaris van
Vergadering oor selfbeskikking verskuif na Centurion-saal
Die vergadering oor Afrikanerselfbeskikking en ‘n kantonstelsel wat op 3 September 2011 gehou word, is verskuif van die Ou Raadzaal na die Centurion- munisipale raadsaalop die hoek van Rabie- en Basdenstrate, Centurion. Die vergadering begin om 10.00 en sal tot ongeveer 17.00 duur. Die saal is feitlik reeds vol bespreek, maar daar is nog plek
Lees verder: Vergadering oor selfbeskikking verskuif na Centurion-saal
Clive Derby-Lewis is ‘n tweede Jopie Fourie
Die voortslepende verhaal van die voormalige KP-parlementslid, mnr. Clive Derby-Lewis, wat wel vir mediese parool in aanmerking kom, maar nie vrygelaat word nie, werp nog ‘n skadu oor die aard van Suid-Afrikaanse “demokrasie”. Derby-Lewis ly aan kanker en is reeds in die gevangenis verwaarloos wat sy mediese behandeling betref. Sy geval kan met twee ander
Grondwethof keur grondonteienings voor betaling goed
Die grondwethof het gister beslis dat die regering grond mag onteien voordat ‘n vergoedingsbedrag uitbetaal word. In ‘n eenparige uitspraak, het die regters gesê dit sal te swaar weeg vir die regering om altyd vooraf oor vergoeding ooreen te kom. Regter Johan Froneman het die uitspraak gelewer. “Ek bevind dienooreenkomstig dat artikel 25 2b van
Lees verder: Grondwethof keur grondonteienings voor betaling goed
Beelde van Liberië doem in Bloemfontein op
Die munisipale vakbond Samwu se betoging in Bloemfontein het Donderdag ontaard in ‘n fees van drank, dagga, pruike, knopkieries, vandalisme, brandstigting en oproepe om geweld. Polisielede het ‘n waterkanon gebruik om die talle brande wat gestig is, te blus. Die oproerige skare het passiewe polisiebamptes openlik gekoggel en uitgedaag. Die makabere optog is met dreunsang
Saru voor parlement geroep oor volksliedinsident
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) en Supersport moet voor die parlementêre portefeuljekomitee vir sport verskyn nadat Ard Matthews die woorde van die volkslied Dinsdagaand tydens ‘n regstreekse uitsending op nasionale TV vergeet het. Die komitee het gesê hy is nie beïndruk met die voorval wat die hele land gevolg is nie. Matthews, die voorsanger van die
Lees verder: Saru voor parlement geroep oor volksliedinsident
Agterstand in vuurwapen-appèlle yslik
“Die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, het bevestig dat die agterstand van appèlle op die aansoeke van vuurwapens tans 13 673 is. Hy het geantwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die parlement. Volgens die antwoord van die minister was daar sedert 2008 tot 29 Julie 2011 reeds 26
Dalai Lama tree uit
Die Dalai Lama het amptelik uitgetree uit die politiek, en hy sê hy wil lewe as ‘n “eenvoudige monnik.” Dit is ‘n waterskeidingsoomblik vir Tibet, ook te midde van vrese en omstredenheid oor die nuwe generasie leiers. Intussen het die Chinese owerhede betogings deur Tibetaanse monnike verbied. Hy wil beslis nie opeindig soos die Koningin
SA, VSA kom ooreen om rebellefondse vry te stel
Die VN se Veiligheidsraad het Donderdag ‘n ooreenkoms bereik om $1,5 miljard se gevriesde Libiese bates as noodfondse aan die rebellemagte in dié land beskikbaar te stel, nadat Amerika en Suid-Afrika ‘n dispuut oor die geld bygelê het. Die uiteindelike skikking beteken Amerika sal nie vra dat daar binne die Veiligheidsraad gestem word om die
Lees verder: SA, VSA kom ooreen om rebellefondse vry te stel
