Beelde van Liberië doem in Bloemfontein op

Die munisipale vakbond Samwu se betoging in Bloemfontein het Donderdag ontaard in ‘n fees van drank, dagga, pruike, knopkieries, vandalisme, brandstigting en oproepe om geweld.

Polisielede het ‘n waterkanon gebruik om die talle brande wat gestig is, te blus. Die oproerige skare het passiewe polisiebamptes openlik gekoggel en uitgedaag.

Die makabere optog is met dreunsang en ‘n dansende gejil gekenmerk. Die betogers het oproepe om oorlog gedoen met swaaiende aapsterte en knopkieries in ‘n rookbelaaide atmosfeer.

Die beelde roep onwillekeurig die Liberiese nagmerrie op waar swart jeugdiges op dieselfde wyse die strate ingevaar het.

Die aanvanklike optogte in dié land het begin met oproepe om oorlog, pruike, drank en dagga. Daarna het dit die Liberiese karakter aangeneem waaroor reeds baie ink gevloei het.

Een so ‘n aanvoerder was Josua Blahyi (gebore ca 1970), ook bekend as genl. Butt Naked, oorspronklik ‘n stampriester voordat hy ‘n Liberiese krygsheer geword het. Hy was ‘n uiters gewelddadige en eksentrieke leier aan die kant van Roosevelt Johnson in die Eerste Liberiese Burgeroorlog in die eerste helfte van die 1990’s.

Blahyi het gesê hy het sy troepe nakend gelei behalwe vir sy paar skoene en ‘n geweer. Blykbaar het hy geglo naaktheid is ‘n bron van beskerming teen koeëls. Blahyi sê hy het kinderbloed gedrink vir dapperheid: “Soms het ek in die water waar kinders gespeel het geduik, een gegryp, en sy nek gebreek. Soms wou ek net ongelukke veroorsaak.”

Blahyi het sy bynaam – Generaal Butt Naked – vanweë sy naaktheid gekry. Hy het destyds aan ‘n Suid-Afrikaanse Star-verslaggewer gesê dat hy tussen die ouderdom van 11 tot 25 deelgeneem het aan maandelikse menslike offerandes.

Tydens ‘n tipiese geveg sê Blahyi: “So, voor ‘n geveg, sou ons dronk en bedwelm raak, ‘n plaaslike tiener offer, hulle bloed drink, uittrek tot by ons skoene, kleurvolle pruike opsit en fyn handsakkies dra wat ons van burgers geplunder het. Ons slag enigiemand wat ons sien, kap hul koppe af en gebruik dit as sokkerballe Ons was naak, vreesloos, dronk en moorddadig. Ons het honderde mense doodgemaak, so baie ek verloor telling.”

Die tierende massa van 2 000 Samwu-lede het die middestad in ‘n puinhoop verander. Media24 berig dat vullisdromme van pale afgebreek is en randstene uitgebreek is om strate mee te versper, benewens die brande wat oral gestig is.

Samwu-lede is van Welkom, Bethlehem, Ladybrand en Dewetsdorp ingebus, terwyl nasionale vakbondleiers, waaronder visepresident Ntokozo Nzuza, ook teenwoordig was.

 

 

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae