Nedbank dink dat rentekoerse op of af kan neig

Nedbank sê dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank se rentekoersbesluit in Augustus op of af kan wees.

 
Die bank se ekonomiese eenheid meen dat die rand se onlangse versterking teen die dollar en laer oliepryse goeie nuus is.

Die nuwe metodiek mag ook die inflasiesyfer aanstaande jaar met 1,5 tot 2% afbring.

Dit mag die Reserwebank oorreed om rentekoerse in Augustus onveranderd te hou.

Nedbank het bygevoeg dat onlangse loonverhogings bokant 10% kommerwekkend is, asook die Reserwebank se valkagtige retoriek.

Ná Augustus voorspel Nedbank dat koerse vinniger kan daal met die eerste verlaging in April aanstaande jaar.

beaded tiarasФильчаков прокуратура харьков

Qwelane in die bek geruk deur persombudsman

Die persombudsman het byna 1000 klagtes ontvang nadat die Sunday Sun 'n anti-homoseksuele rubriek deur die skrywer Jon Qwelane gepubliseer het.
 
Die ombudsman het nou op drie klagtes téén Qwelane bevind.

Hy sê die skrywer het beledigende verwysings na homoseksuele gemaak, waarin geïmpliseer word dat hulle van 'n laer tipe sou wees, tesame met 'n spotprent wat sy punt illustreer.

Die ombudsman het die koerant beveel om 'n verskoning aan die lesbiese, homoseksuele, biseksuele en transgeslaggemeenskap aan te bied.

Die Johannesburgse Gay Pride-fees het gesê dat die stuk op haatspraak neerkom.

machine gamesОлександр Васильович Фільчаков

Gordon Brown ly nog ‘n neerlaag

Die Britse eerste minister Gordon Brown se Arbeidersparty het 'n groot neerlaag in die Skotse tussenverkiesing gely.

Om verder sout op sy wonde te gooi, is dié verrassende neerlaag deur die Skotse Nasionale Party toegedien.

Brown is self Skots en die Arbeidersparty het eens op 'n tyd Skotland as hul hinterland beskou.

Maar nou het vele lojale ondersteuners van die Arbeidersparty weggeskram om hul steun aan die Skotse Nasionale Party te verleen.

Sleutelarbeiderpolitici, waaronder Brown, kan hul setels in die parlement verloor indien die neiging in die algemene verkiesing voortgesit word.

Brown het 'n jaar gelede by Tony Blair oorgeneem, maar na 'n aanvanklike opwelling in gewildheid, het sy geluk stadig maar seker getaan.

освещение лестницы светодиодной лентойпрокурор харьковской области

Islam neem toe in Rusland

Islam gaan waarskynlik die hoofgodsdiens in die Russiese Federasie word teen 2050, danksy die hoë geboortesyfer van die Moslemrepublieke.

Islam is tans die naasgrootste godsdiens in die Russiese Federasie.

Russiese Islamoloë beraam dat daar tussen 7 en 9 miljoen mense in Rusland bestaan wat Islam beoefen.

Daar is egter vele meer etniese Moslems in die land.

Die aantal Moslems wat toegelaat word om pelgrimstogte na Mekka te onderneem het aan die einde van die Sowjettydvak skerp gestyg.

Die meerderheid Moslems in Rusland is Soenni's.

медицинская справка 095утопкарго отзывы

Waarom Jesse Jackson nie van Obama hou nie

ImageDie invloedryke Amerikaanse sakeblad The Wall Street Journal het senator Obama as 'n blanke rassekaart beskryf.

Die koerant sê Obama was polities uitgeslape deur morele hefboomkrag vir dankbaarheid te ruil.

Volgens die koerant was die burgerregtetydperk waarin Jesse Jackson na vore getree het 'n afpersingstydvak toe swart leiers blankes in die beskuldigdebank wou stel deur hulle skaam te maak.

Obama mag die eerste geloofwaardige swart presidentskandidaat wees omdat hy sy morele hefboomkrag oor wit skuld laat vaar het.

Dít, sê die koerant, was iets van 'n stiletto in die hart van Jesse Jackson.

панель светодиодная круглаялобановский обыск

Tanzani?rs teiken albino’s

Vyf-en-twintig mense met albinisme is sedert Maartmaand in Tanzanië vermoor, volgens 'n BBC-ondersoek.

Die jongste slagoffer was 'n sewemaande-oue baba. Albino's is teikens omdat hul liggaamsdele in toordery gebruik word.

Grafte van vermoorde albino's moet met sement verseël word om diewe te ontmoedig wat die oorblywende liggaamsdele steel en aan toordokters verkoop.

Tanzaniërs glo dat towerdrankies wat van 'n albino se bene, hare, hande en bloed gemaak word, 'n persoon ryk kan maak.

Die Tanzaniese polisie in Dar es Salaam sê dat dit die werk van georganiseerde bendes is.

Albinisme raak een in 20 000 mense wêreldwyd, maar in Tanzanië is die voorkoms veel hoër.

inexpensive wedding hairФільчаков Олександр Васильович

Bush teken doodsvonnis

President George W. Bush het sy toestemming verleen om 'n soldaat tereg te stel wat in die dodesel vir moord en verkragting verkeer.

Dis die eerste soortgelyke stap deur 'n VS-president in meer as 50 jaar.

Soldaat Ronald A. Gray is in 1988 deur 'n militêre hof skuldig bevind en ter dood veroordeel.

Maar die hof vereis die president se handtekening om voort te gaan.

Bush het gister die weermag se formele versoek toegestaan.

Die slagoffers het 'n burgelike en twee lede van die weermag ingesluit.slot freeалександр лобановский класс

OTM-bomme hou aan

Vyf-en-veertig outomatiese tellermasjiene is net vandeesmaand oor die hele land opgeblaas.

Sedert die begin van die jaar is 325 OTMs reeds gebom.

Dis slegte nuus vir bankkliënte want bankkostes verhoog blykbaar elke keer as 'n OTM opgeblaas word.

Die polisie is tot dusver nie in staat om aanvalle te keer nie hoewel enkele inhegtenisnames van verdagtes uitgevoer is.

Intussen duur die ontploffings onverpoos voort.

Die springstof wat gebruik word, is van die tipe wat in die mynbedryf algemeen is, sê die polisie.укладка линолеума на фанеру своими руками видеоДанильченко Юрий Брониславович компромат

Spanje wil buitelanders betaal om te gaan

Die Spaanse regering beplan om werklose immigrante 'n voorskotbetaling aan te bied indien hulle na hul lande van oorsprong terugkeer en onderneem om vir ten minste drie jaar daar te bly.

Spanje sê dat 100 000 immigrante vanuit 19 lande vir die uitkering behoort te kwalifiseer.

Met die oplewing in Spanje se boubedryf wat ten einde loop, verkeer immigrante onder dié wat die meeste ly.

Vele immigrante van Suid-Amerika dink die transaksie is onbillik en sou verkies om te bly en Spaanse werkloosheidsvoordele te ontvang.

Nie alle buitelanders sou vir die maatreël kwalifiseer nie aangesien hul tuislande nie wedersydse ooreenkomste met Spanje het nie.

как самому сделать скважину на участкеФільчаков Олександр Васильович

Ekurhuleni-burgemeester sal oor McBride besluit

Die toekoms van die metropolisiebaas Robert McBride sal deur die nuwe burgemeester van die Ekurhuleni-metro aan die Oosrand, Lentheng Mekgwe, beslis word.

Mekgwe het gister met die media gepraat.

 

Sy het gesê dat daar arbeidswette bestaan wat in die geval van McBride nagekom moet word.

McBride staan tans tereg op aanklagte van dronbestuur, bedrog en regsverydeling.

Mekgwe het gesê dat sy 'n verklaring oor McBride sal uitreik sodra sy die verslag gelees het.

Sy sal met die kollektiewe leierskap beraadslaag oor wat sy 'n sleutelkwessie noem.

контроллер автоматического освещения лестницДанильченко Юрий Брониславович