Mathale, ekonomiese rewolusie leef

Limpopo se premier Cassel Mathale herstel in die hospitaal nadat hy Donderdag in ‘n motorongeluk in die Ga-Sekgopoberg betrokke was. Die premier was van ‘n regeringsgeleentheid oppad toe die ongeluk plaasgevind het, het die ANC se provinsiale woordvoerder Makondelele Mathivha gesê. “Die ANC is gelukkig dat sy provinsiale leier, wat geringe beserings opgedoen het, goed

Lees verder: Mathale, ekonomiese rewolusie leef

MTN glo in wapen- en omkoopnes

MTN, Afrika se grootste voorsiener van koordlose telekommunikasiedienste, (wireless operator) het amptenare omgekoop, gesprekke tussen Iranse en Suid-Afrikaanse leiers gereël en selfs wapens en steun vir Iran by die VN beloof in pogings om ‘n lisensie te bekom om ‘n mobiele foondiens (selfoondiens) in Iran te bedryf. Die bewerings is Donderdag in ‘n Amerikaanse hof

Lees verder: MTN glo in wapen- en omkoopnes

Japan wil Nkandla-tee verkoop

Suid-Afrika sal binnekort KwaZulu-Natal se tee na Japan bemark en verkoop, het premier Zweli Mkhize gesê, volgens ‘n berig Donderdag. Die ooreenkoms sal na verwagting plaaslike landelike ekonomiese ontwikkeling stimuleer in die provinsie en werk skep, het die Business Day berig. Terwyl hy uit Japan gesels het gedurende ‘n vier-dag besoek om belegging in Suid-Afrika

Lees verder: Japan wil Nkandla-tee verkoop

Proteas reik na die kroon

Die Proteas-krieketspan het verlede maand die seile vir ’n belangrike sending na Nieu-Seeland gespan. ’n Blote oorwinning oor die Swartpette, wat toe hoog in hulle eie oë gevlieg het na ’n fratsoorwinning teen die Australiërs in Tasmanië en ’n genadelose afranseling van Zimbabwe, was die eerste, maar geensins belangrikste of veelseggendste, prioriteit. Wêreldranglysposisies in alle

Lees verder: Proteas reik na die kroon

Die arme dr Wouter Basson

Arme dr. Wouter Basson. Hy is die laaste soldaat in die laaste SAW-loopgraaf oor. Sy stryd teen leuens, drogbeelde, versinsels, kwade wil en groot dosisse politieke opportunisme blyk ‘n eensame een te wees. Dit is opvallend dat elke ou Afrikanerorganisasie hom die rug gekeer het en die ANC/DA-propagandaweergawe van die verlede volledig omhels het. Sý

Lees verder: Die arme dr Wouter Basson

Gautengse premier roep ‘soldate op teen volksmoord van MIV’

Gauteng se premier Nomvula Mokonyane het Donderdag gesê die uitwerking van MIV/vigs  is ‘n “volksmoord” wat die Suid-Afrikaanse ekonomie sal verlam as niks gedoen word om die pandemie te bekamp nie. ​​ “As hierdie situasie nie dringend aandag kry nie, het dit ‘n potensiaal om ongekende ellende te veroorsaak as ‘n gevolg van dalende produktiwiteitsvlakke

Lees verder: Gautengse premier roep ‘soldate op teen volksmoord van MIV’

SA weer afgegradeer

Die regering en ontleders het die “harde” jongste afgradering van Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte, sy derde in vier maande, gekritiseer. Standard & Poor’s het die land se ekonomiese vooruitsigte gister van stabiel na negatief afgegradeer, en het sosiale onrus en voorgesette politieke debat uitgesonder as kwelpunte. Die Amerikaanse agentskap het gesê die vooruitsigte is donker

Lees verder: SA weer afgegradeer

VF+ loods e-tolprotesaksie

Die Vryheidsfront Plus, saam met die Nasionale Belastingbetalersunie (NBU), die Suid-Afrikaanse Woonwa Assosiasie (SAWA) en motorfietsryers van verskeie klubs, loods op Donderdagoggend, 28 Maart 2012, om 07:00 ‘n protesaksie teen die Gauteng e-tolselsel. Die protesaksie sal ‘n aaneenlopende proses wees wat deur die loop van April 2012 sal voortgaan ten einde aan die regering te

Lees verder: VF+ loods e-tolprotesaksie

Brics: Dialoog enigste antwoord op konlik

Die BRICS-groep van opkomende ekonomieë wat ​​uit Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika bestaan, het gister gesê dialoog is die enigste antwoord op die opstand in Sirië en die omstredenheid oor Iran se kernprogram. Leiers by die vierde BRICS-beraad in Nieu-Delhi het belangrike kwessies soos klimaatsverandering, terrorisme, energie-sekuriteit en veiligheidkrisisse, ook in Afghanistan, bespreek. “Ons

Lees verder: Brics: Dialoog enigste antwoord op konlik

Afriforum ‘wil Grondwet beskerm’

Afriforum het ‘n video vrygestel “om die Grondwet te beskerm”. Dit sal glo dansky FW de Klerk se kontakte in die buiteland ook vrygestel word, het ‘n bron gesê. Die Grondwet is egter sedert 1994 al ʼn paar keer gewysig omdat die ANC van meet af aan oor die nodige aantal stemme beskik het om

Lees verder: Afriforum ‘wil Grondwet beskerm’