Siek polisielede kos staat meer as R771 miljoen

Polisielede wat verlede jaar afwesig was by die werk weens siekte, het die belastingbetaler meer as R771 miljoen (R 771 429 000) gekos. Dit is ‘n toename van 40% (39,9) teenoor die vorige jaar (2009). ‘n Totaal van 1,5 miljoen (1 536 688) werksdae het hierdeur verlore gegaan. Dit is volgens die jaarverslag van die Polisie in die tydperk

Lees verder: Siek polisielede kos staat meer as R771 miljoen

Polisie arresteer Afrikanervrou ‘per abuis’

‘n Onderwyseres van Ermelo en haar seun is Saterdagmiddag weens ‘n polisiefout met ‘n registrasienommer in hegtenis geneem en ure lank aangehou. Indien ‘n familielid nie tussenbeide getree het en haar vrylating geëis het nie, sou sy verder aangehou gewees het en dalk haar motor kwyt gewees het. Me. Elna Middel, wat haar motor reeds

Lees verder: Polisie arresteer Afrikanervrou ‘per abuis’

Mercedes-orgie by die SAUK

Die SAUK het R20 miljoen aan Mercedesse bestee terwyl die openbare uitsaaier begrotingshulp van die regering ontvang en joernaliste dikwels nie vervoer het om hul verslaggewingspligte na te kom nie. Die maatskappy wat die 86 Duitse luuksemotors aan die SAUK op bruikhuur verskaf het se naam is Debis Fleet Management. Die kontrak is blykbaar nooit

Lees verder: Mercedes-orgie by die SAUK

Franse en Chinese lek hul lippe af

Suid-Afrika is gereed om die grootste tender in sy geskiedenis uit te reik – ‘n beraamde een-triljoen rand kontrak om ses nuwe kern reaktors te bou teen 2030. Die departement van energiesake het sy kerntendervoorstel aan die Kabinet voorgelê en minister van energie, Dipuo Peters het gesê die voorstel sal voor die einde van hierdie

Lees verder: Franse en Chinese lek hul lippe af

VSA beskuldig Iran van ou komplot

Die Verenigde State het Iran Dinsdag daarvan beskuldig dat hulle die Saoedi-ambassadeur in Washington wou vermoor. Dié aantyging het die stygende spanning verder laat klim en ‘n perdebynes in die Midde-Ooste oopgekrap, waar Saoedi-Arabië en Iran vir baasskap wedywer. Ontleders is egter skepties oor die tydsberekening van die onthulling, aangesien Obama reeds in Junie ingelig

Lees verder: VSA beskuldig Iran van ou komplot

Iran lag Amerikaanse aantyging af

Teheran het aantygings deur Amerika dat hulle betrokke is by die beplande sluipmoord op die Saoediese ambassadeur in die VSA ontken. Hulle het die aantygings as ‘n “nuwe anti-Iran scenario” beskryf. Volgens dié aantygings het die regering in Teheran die bevel vir die sluipmoord gegee, het ‘n amptenaar van die regering volgens die amptelike nuusagentskap

Lees verder: Iran lag Amerikaanse aantyging af

‘Ek’s nou baas…’

Die plaaswerker Chris Mahlangu en sy minderjarige medebeskuldigde het glo oor die moord op Eugene Terre’Blanche, AWB-leier, “gespog”, het die hof Dinsdag gehoor. Albei getuies wat op ‘n buurplaas woon, het in die rondgaande hof op Ventersdorp gesê die twee het kort ná die moord erken dat hulle Terre’Blanche op 3 April verlede jaar vermoor

Lees verder: ‘Ek’s nou baas…’

Getuie wys skuldiges uit in ET-moord

‘n Plaaswerker het Dinsdag getuig dat Chris Mahlangu en sy minderjarige medebeskuldigde erken het dat hulle die AWB-leier, Eugene Terre’Blanche gesteek het. “Op 3 April 2010 het ek in my woonplek gesit en hulle het ingekom en gesê hulle het Terre’Blanche gesteek,” het Richard Silane in die rondgaande hof op Ventersdorp getuig. “Hulle het ‘n

Lees verder: Getuie wys skuldiges uit in ET-moord

Blitsbukse! van Renault en Volkswagen

Wanneer ‘n mens aan blitsbukse dink, dan kom daar gewoonlik net een naam sonder inspanning in jou gedagtes op: GTi. Party ouens sal dalk nog Gsi of RSi onthou, maar GTi is die een wat altyd uitstaan. {jathumbnail off} Ons het in die gees van ‘n regte egte blitsbuks drie baie warm motors onder hande

Lees verder: Blitsbukse! van Renault en Volkswagen