Die tien finaliste in 2012 se Motor-van-die-jaar-wedstryd is so pas bekendgemaak. Die motors is: Alfa Romeo Giulietta 1.4 125 kW MultiAir Distinctive Audi A6 3.0 T TDI Quattro S tronic Citroen DS4 THP 200 Sport Ford Focus 2.0 TDCI Trend Sedan Powershift Hyundai Elantra 1.8 GLS Kia Picanto 1.2 EX Mercedes Benz SLK 350 BlueEFFICIENCY
Dene Smuts verkies wit DA
Die stryd om die parlementêre leierskap in die DA, is duidelik wit op swart. ‘n Senior wit DA-lid van die parlement, Dene Smuts sal Athol Trollip vir die party se parlementêre baas kies, teen Trollip se uitdager, Lindiwe Mazibuko. Smuts, die party se hoë-profiel-woordvoerder oor justisie, het gister gesê sy sal vir Trollip in die
Onderwysers dop laerskoolwiskunde
Baie Suid-Afrikaanse onderwysers kan nie wiskundevrae gebaseer op die kurrikulum een of twee jaar bo die graad wat hulle gee, beantwoord nie. Slegs 53% van graad 4 se wiskunde-onderwysers kon drie jaar gelede ‘n eenvoudige breukvraag wat gebaseer is op die graad 6-kurrikulum, korrek beantwoord, het ‘n studie bevind. Slegs 72% van graad 5 se wiskunde-onderwysers
Irak dreig om bande met VSA te verbreek
Bagdad dreig om sy militêre bande met Washington aan die einde van hierdie jaar te verbreek en privaatkontrakteurs te gebruik om sy gewapende magte op te lei. Die twee kante sukkel om ooreen te kom oor ‘n klein aantal Amerikaanse troepe wat in Irak sal aanbly nadat die VSA onttrek het. Die twee partye het
Geweld teen Christene in Egipte veroordeel
Die dood van minstens 25 Koptiese Christene wat die afgelope naweek in Kaïro in geweld gesterf het, het Maandag ernstige kommer in Amerika en in Europa gewek. Spanning in Egipte tussen godsdiensgroepe is aan die oplaai. Die slagoffers is Sondag dood toe Egiptiese soldate met pantservoertuie onder ‘n groep Koptiese betogers buite die nasionale TV-sentrum
Asielsoeker byt vas
Brandon Huntley (32), die Suid-Afrikaner wie se vlugtelingstatus in Kanada in die gedrang is, het dié week gesê dat hy sy saak tot in die hoogste hof in Kanada sal voer. Huntley het in 2009 ‘n opskudding veroorsaak toe asiel in Kanada aan hom toegestaan is nadat hy aangevoer het swart misdadigers teiken hom weens
AWB wag, moordenaar lag
Die moordverhoor van die twee mans wat beskuldig word van die moord op Eugene Terre’Blanche in Ventersdorp is deur ‘n groep AWB-ondersteuners in kakieklere bygewoon wat buite die hof gewag het. Omtrent ses polisievoertuie was reeds vroegoggend buite die hof geparkeer, terwyl die klein groepie AWB-ondersteuners hulleself oorkant die straat onder ‘n gazebo tuisgemaak het.
Seks en uitbuiting ET-moordenaar se verweer
‘n Minderjarige het die aand van die moord op Eugene Terre’Blanche erken dat hy die leier van die AWB vermoor het, het die hof Maandag gehoor. “Ek het omstreeks 17:55 op 3 April 2010 ‘n oproep ontvang. Die spesifieke oproep was anders omdat die persoon gesê het ‘ek en my vriend het Terre’Blanche vermoor,” het
Anglikane skerm vir skeuring in Zim
Rowan Williams, die geestelike leier van die wêreld se Anglikane, het in die City Sports Centre van Harare, Zimabawe, duisende mense in die stadion toegespreek. Williams is in Suidelike Afrika om skadebeheer toe te pas. Zimbabwe is die mees omstrede stop op Williams se drie-nasie-Afrikatoer, waar die nasionale politieke probleme die Anglikaanse Kerk verswelg. Aartsbiskop
Koloniale etos
Лобановский
