Diamantraad skors SAR

Die Wêreld Diamantraad het die tydelike skorsing van die Sentraal Afrikaanse Republiek uit die Kimberley Proses Sertifiseringskema verwelkom. Die president van die raad, Eli Izhakoff sê dit is ‘n strawwe, maar gepaste maatreël om die integriteit van die diamantbedryf én die welstand van mense in die SAR te beskerm. Die doel van die Kimberley Proses

Lees verder: Diamantraad skors SAR

China toets digitale militêre slaankrag

Die Chinese weermag wil volgende maand sy eerste groot militêre oefening hou om sy digitale tegnologie op die proef te stel, het die staatsmedia Woensdag berig. Die oefening by die Zhurihe-opleidingsbasis in die noorde van Binne-Mongolië sal “gedigitaliseerde eenhede,” eenhede van die spesiale magte, lugmageenhede en “elektroniese reaksiemagte” insluit, het die regering se Xinhua-nuusagentskap berig.

Lees verder: China toets digitale militêre slaankrag

PRASA blaas R3 miljoen op New Age

Die Passasierspooragentskap van SA (Prasa) het meer as R3 miljoen spandeer op Die New Age koerant, het die minister van vervoer, Ben Martins, Dinsdag gesê. “Prasa het ‘n subskripsie-ooreenkoms met The New Age mediamaatskappy, wat Prasa met 3200 kopieë van die koerant op ‘n daaglikse basis van Maandag tot Vrydag sal voorsien,” het Martins gesê

Lees verder: PRASA blaas R3 miljoen op New Age

Boewe terroriseer egpaar met gif op babaklere

Misdadigers het op 15 Mei Anton en Maria Hattingh van Secunda se pekinees vergiftig en hul kat op die pallisades opgehang. Hulle babaseun se klere is ook vergiftig. “Dit was vir ons baie traumaties,” het me. Hattingh gesê. Sy het omstreeks 3.30vm opgestaan om vir haar vyf-maande oue baba ‘n bottel te gee, toe sy

Lees verder: Boewe terroriseer egpaar met gif op babaklere

Regering veroordeel aanvalle op wettige buitelanders

Die regering het Dinsdag die aanvalle op buitelanders in sekere gebiede in Gauteng en die Vaal veroordeel. “Die regering het met kommer kennis geneem van die sogenaamde xenofobiese aanvalle op buitelanders. Ons veroordeel die geweld teen buitelanders sowel as Suid-Afrikaners ten sterkste,” het Phumla Williams, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê. “Suid-Afrika is ‘n demokratiese land

Lees verder: Regering veroordeel aanvalle op wettige buitelanders

ANC meen Obamas behoort Kaapstad-toekenning af te wys

Die ANC sê die Amerikaanse president, Barack Obama, en sy vrou, Michelle, behoort nie Kaapstad se die vryheid van die stad-toekenning te aanvaar nie, berig die Cape Times. “Vir ons is dit niks minder as ‘n afleiding nie, en ek dink dit sal jammer wees indien Obama die toekenning aanvaar van ‘n stad wat nie

Lees verder: ANC meen Obamas behoort Kaapstad-toekenning af te wys

Volkswagen bied iets vir almal!

{jathumbnail off} Volkswagen is seker een van die bekendste motorvervaardigers in die geskiedenis. Die Duitse vervaardiger het sy ontstaan in die vroeë jare van die vorige eeu gehad. Die naam Volkswagen beteken letterlik “‘n motor vir die volk”. Die geniale Ferdinand Porche het in 1931 besluit om ‘n klein bekostigbare motor te ontwerp en te

Lees verder: Volkswagen bied iets vir almal!

ANC en DA ‘histeries’ oor Afrikanergemeenskap by Kleinfontein

Sowel die ANC as die DA het gister in Johannesburg, volgens ‘n toehoorder by die Gauteng- provinsiale wetgewer, “histeries geraak” oor die bestaan van die Afrikanergemeenskap by Kleinfontein. ‘n Bedrag van R270 000 is reeds bestee aan ‘n “ondersoek oor Kleinfontein”, sonder dat daar nog ‘n verslag voortgebring is. Mnr. Jaco Mulder van die Vryheidsfront

Lees verder: ANC en DA ‘histeries’ oor Afrikanergemeenskap by Kleinfontein

Siriese joernalis deur skerpskutter gedood

‘n Skerpskutter het Maandag ‘n bekende Siriese joernalis naby die Libanese grens doodgeskiet, het die media berig. Yara Abbas, ‘n verslaggewer vir die staatsbeheerde al-Ikhbariya-nuuskanaal, is naby die Debaa-lughawe doodgeskiet. Abbas is volgens staatsbeheerde media deur rebelle geteiken. Die Siriese Waarnemers vir Menseregte het gesê verskeie lede van Abbas se televisie-span is ook in die

Lees verder: Siriese joernalis deur skerpskutter gedood

Google wil net oor Afrika span

Google wil netwerke van Sub-Sahara-Afrika tot Suidoos-Asië finansier, oprig en bestuur in die hoop om ongeveer ‘n miljard mense in ontluikende lande internettoegang te gee, het die Wall Street Journal (WSJ) berig. Die internet-soekreus gebruik ‘n verskeidenheid tegnologiese hulpmiddels en is in gesprekke met reguleerders van Suid-Afrika tot Kenia oor sy planne, het die WSJ

Lees verder: Google wil net oor Afrika span