Beyers Naudé-rylaan is kort ná 09:00 Donderdagoggend weer oopgestel vir verkeer nadat inwoners van Zandspruit verbygaande motors met klippe bestook het, het die metropolisie gesê. “Die polisie kon daarin slaag om die betogers in bedwang te bring en daar is ‘n sterk polisieteenwoordigheid in die gebied,” het hoofsupt. Wayne Minaar gesê. In die stadium is
Lasbrief vir Soedan se president opgeskeur
????????????? лобановский александр досье
Die plan agter Malema
Ek het reeds voorheen gesê dat ons Malema steun moet toesê met die nasionalisering van myne. Die probleem is egter nie Malema nie. Nadat ek ‘n klompie nuusartikels bestudeer het, het ek tot die slotsom gekom dat daar iets is wat ons miskyk. Malema word deur die media en spesifiek deur die Media 24-groep gesteun;
Cele weer in huurfiasko
Genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het weer eens onregmatig en onwettig opgetree, het die openbare beskermer (OB) bevind. Nadat Cele in Februarie skuldig bevind is oor ‘n huurooreenkoms van R500 miljoen vir die polisie se nuwe hoofkantoor in Pretoria, het hy weer ‘n ooreenkoms van R1,17 miljard vir die polisie se provinsiale hoofkantoor in Durban
Soweto-opstand: 19 vas
Die polisie het 19 mense by die Dube-hostel in Soweto vir beweerde opsetlike saakbeskadiging en openbare geweld in hegtenis geneem. Kapt. Katlego Mogale het gesê die mense het betoog teen die stadige pas van toewysing van woonstelle by die hostel. Volgens haar het die betogers by die hostel ingebreek en die gebou gevandaliseer. “Hulle het
DA verdedig toestroming oor grense
‘n Senior ANC-LP, Maggie Maunye, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake, het gesê Suid-Afrika kan nie onbepaald voortgaan met die “inname” van mense nie. Die DA het heftig teen dié stelling kapsie gemaak en Maunye van “xenofobie” beskuldig. Maunye het aan die komitee gesê die mense van Suid-Afrika het nie werklik in 1994
Munisipale oudit bly donker wolk met minder donker randjie
‘n Jaar gelede het die sedertdien rustende minister van Samewerkende Regering, Sicelo Shiceka, ‘n gesamentlike nuuskonferensie met die Ouditeur-generaal toegespreek. Die doel van die konferensie was om gesamentlike doelwitte te stel, wat onder meer insluit dat alle munisipaliteite teen 2014 skoon oudits moet behaal. By dié geleentheid is ook aangekondig dat handleidings aan 283 munisipaliteite
Lees verder: Munisipale oudit bly donker wolk met minder donker randjie
Definisie vir militêre veterane bly
Die Portefeuljekomitee op Verdediging en Militêre Veterane in die Nasionale Vergadering het die definisie van ‘n militêre veteraan, soos dit aanvanklik in die Wetsontwerp op Militêre Veterane omskryf is, behou. Volgens die definisie kwalifiseer, onder andere, enige persoon wat militêre diens gedoen het in die statutêre en nie-statutêre magte voor 1994, as ‘n militêre veteraan.
Taalraadbaas summier afgedank
Die uitvoerende hoof van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat), Ntombenhle Nkosi, is tydens ‘n tugverhoor aan finansiële wanbestuur skuldig bevind en summier afgedank. ‘n Pansat-woordvoerder, het Dinsdag gesê Nkosi is reeds op 20 Februarie 2009 weens bewerings van finansiële wanbestuur geskors. Lees verder.интернет магазины детскаяпрокурор Фильчаков
Swart skole gaan verengels om lae standaard te troef
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Dinsdag verslag gedoen oor 2011 nasionale assesseringstoetse waarin gr. 3- en gr. 6-leerlinge onderskeidelik 35% en 28% vir geletterdheid en 28% en 30% vir gesyferdheid behaal het. Sowat 6 miljoen kinders het in Februarie die toetse geskryf sodat die onderwysdepartement ‘n basisvlak vir vaardighede in Suid-Afrikaanse skole kon
Lees verder: Swart skole gaan verengels om lae standaard te troef
