Definisie vir militêre veterane bly

Die Portefeuljekomitee op Verdediging en Militêre Veterane in die Nasionale Vergadering het die definisie van ‘n militêre veteraan, soos dit aanvanklik in die Wetsontwerp op Militêre Veterane omskryf is, behou. Volgens die definisie kwalifiseer, onder andere, enige persoon wat militêre diens gedoen het in die statutêre en nie-statutêre magte voor 1994, as ‘n militêre veteraan. Dit beteken dat dienspligtiges van die vorige bedeling ook kwalifiseer as militêre veterane ingevolge die wetsontwerp.

“Die besluit om die definisie te behou gee erkenning aan alle lede van militêre magte wat op een of ander stadium opgeoffer het in die stryd, ongeag watter kant van die stryd hulle gedien het. Dit is die korrekte besluit gegrond op billikheid, regverdigheid en onpartydigheid wat politiek uitsluit. Soms is dit nodig om ook agter die skerms te werk om die regte besluit geneem te kry, en het politiek, en veral partypolitiek, nie altyd ‘n plek in besluite wat die belange van lede van militêre magte raak nie,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Verdediging vir die Vryheidsfront Plus.

“Dit beteken egter nie dat elkeen wat volgens die definisie ‘n militêre veteraan is nou kan aanspraak maak op die voordele in die wetsontwerp nie. Elke militêre veteraan sal ook die middelletoets moet slaag. Die minister sal egter die middelletoets bepaal wat onder andere sal bepaal dat jou inkomste onder ‘n sekere perk sal moet wees. Minstens word daar nou ook behoorlik erkenning gegee, nie net aan dienspligtiges nie, maar ook aan die vergete Kaapse Kleurlingkorps, wat opofferings gemaak het,” sê Groenewald.

Groenewald het ook gewaarsku dat baie oud-lede deur swendelaars oorval word met e-posse wat lede se besonderhede vra en teen ‘n fooi, dan kwalifiseer vir sekere voordele. Hierdie e-posse is vals en moet verwerp word en lede moet bedag daarop wees sodat hulle nie onskuldige slagoffers word van skelms nie.

автосканердепутат лобановский

Maak 'n opvolg-bydrae