Soweto-opstand: 19 vas

Die polisie het 19 mense by die Dube-hostel in Soweto vir beweerde opsetlike saakbeskadiging en openbare geweld in hegtenis geneem.

Kapt. Katlego Mogale het gesê die mense het betoog teen die stadige pas van toewysing van woonstelle by die hostel.

Volgens haar het die betogers by die hostel ingebreek en die gebou gevandaliseer.

“Hulle het deure afgebreek en vensters stukkendgeslaan. Hulle het ook kombuisstowe uitgeruk en krane verwyder.”

Die skare is teen middag deur die gereg verjaag.

купить кофту для девочкиФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae