DA verdedig toestroming oor grense

‘n Senior ANC-LP, Maggie Maunye, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake, het gesê Suid-Afrika kan nie onbepaald voortgaan met die “inname” van mense nie.

Die DA het heftig teen dié stelling kapsie gemaak en Maunye van “xenofobie” beskuldig.

Maunye het aan die komitee gesê die mense van Suid-Afrika het nie werklik in 1994 hul vryheid verower nie, aangesien die land se grense oorstroom word met ‘vlugtelinge’ vanuit die res van Afrika.

“Hier het ons mense wat daagliks in armoede leef. Mense wat werkloos is. Ons het nooit ons vryheid as Suid-Afrikaners geniet nie. Ons het dit in 1994 ontvang en ons het ‘n toestroming van vlugtelinge of ongedokumenteerde mense in die land gehad, maar ons wil amper sê daar is niks hiermee verkeerd nie.

“Gaan dit nie die land se ekonomie raak nie? Jy sien op televisie hoe Spanje vlugtelinge terugstuur en hier word ons vertel van menseregte en wette . . . allerlei verskonings.”

Maunye het Dinsdag ‘n besoek aan die vlugtelingsentrum in Maitland gebring, ná die moord op twee Somaliërs op die Kaapse Vlakte.

“Jy sien die groot getalle mense in Kaapstad. Net so in Pretoria sien jy dieselfde groot getalle mense. ‘n Mens begin wonder of daar nog enige mense in daardie lande oor is.”

Die DA was erg onthuts oor Maunye se uitlatings. Annette Lovemore, DA-LP, het gesê sy is “hewig ontsteld”.

“Wat jy sê, is dat ons sedert 1994 nie ons vryheid geniet nie omdat ons die toestroming van buitelanders ondervind het. Dit is presies die tipe houding wat die nuwe vlaag van xenofobiese aanvalle veroorsaak en waarteen nieregeringsorganisasies waarsku. Ons kan nie sê ons wil nie mense van buite die Suid-Afrikaanse grense hier hê nie,” het Lovemore beskuldigend gesê.

Maunye het in haar reaksie gesê mense wat na Suid-Afrika kom, moet gewerf word weens die vaardigheidstekorte wat hier ondervind word. Sy het verwys na ‘n verslag wat vroeër voor die parlement gedien het.

“Ek sê nie hulle moenie hierheen kom nie. Mense moet na die land toe kom met behoorlike dokumente wetende dat hulle asielsoekers is of dat hulle gewerf is om na die land te kom.”

игры длядетейФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae