In sy boek The Deadly Ethnic Riot bespreek Donald Horowitz die oorsake van etniese konflik. Dit bied 'n interessante perspektief op die gebeure in Zimbabwe.
Volgens Horowitz tree meerderhede soms op asof hulle minderhede is: hulle oordryf die bedreiging wat 'n getalleminderheid inhou en onderskat hul eie vermoë om 'n bedreiging die hoof te bied.
Dikwels tree meerderhede op asof die bedreiging van 'n minderheid nie net binnelands bestaan nie, maar asof daar groot buitelandse affiniteit met 'n sekere etniese groep is.
Anti-Moslemgevoelens in Indië is tydens die 1992-onluste só gedramatiseer dat soekligte ter see ingespan is om die (nie-bestaande) Pakistanse invallers vroegtydig te kon afweer.
In Zimbabwe word Brittanje betrek by die krisis. Armoede, wat deur die regering van pres. Robert Mugabe gesien word as uitsluitlik die gevolg van kolonialisme, en 'n dreigende hongersnood vanweë die voedselkrisis, word 'n aanklag teen wit boere. Boere moet dus vergoeding vir grondonteiening van die "koloniale uitbuiter" eis en nie van die Zimbabwiese regering nie.
In albei gevalle lê die probleem elders en die teikengroep word daaraan gekoppel.

Lees verder: Minderwaardigheid katalisator vir etniese geweld