Grensbeheer gaan glo opgeskerp word

‘n Bykomende miljard rand is hierdie jaar in die begroting opsygesit om beter grensbeheer toe te pas. R600 miljoen hiervan is in die volgende drie jaar beskikbaar gestel om meer soldate op die land se grense te ontplooi, en om grensbeheer-fasiliteite en -toerusting op te gradeer en te onderhou, het Pravin Gordhan gesê. Lees verder.

Lees verder: Grensbeheer gaan glo opgeskerp word

Werk sonder groei, hoe nou?

Die regering gaan moeilik die gestelde teiken van 5 miljoen werkgeleenthede bereik as die groeikoers in die volgende paar jaar nie dramaties toeneem nie. Ten einde 5 miljoen werkgeleenthede te skep, moet Suid-Afrika vir 10 jaar ‘n groeikoers van 6% tot 7% handhaaf. Die huidige groeikoers is 2,8% en die Minister van Finansies projekteer dat

Lees verder: Werk sonder groei, hoe nou?

Umalusi stel nog inligting oor matriekuitslae vry

Die VF Plus het kennis geneem van die verslag wat vandag vrygestel is tydens ‘n mediakonferensie by Umalusi se hoofkantoor. Die bekendstelling van die inligting kom nadat die VF Plus en Media24 aansoek gedoen het by Umalusi om alle relevante inligting te verskaf rakende die standaardisering van die 2010-matriekvakke in terme van die Wet op

Lees verder: Umalusi stel nog inligting oor matriekuitslae vry

Gemengde reaksie op begroting

Die Automobiel Assosiasie het die aankondiging in die begrotingsrede verwelkom dat miljarde rand bewillig is vir instandhouding van paaie en openbare vervoer. ‘n Woordvoerder, Gary Ronald sê R1,5 miljard sal aan die provinsies gaan vir padinstandhouding en ‘n verdere R2,5 miljard sal aan munisipaliteite gegee word vir openbare vervoerstelsels en infrastruktuur. Hy sê egter hy

Lees verder: Gemengde reaksie op begroting

Krokodille vreet eienaar op

‘n Man is deur krokodille opgevreet toe hy by ‘n Rustenburgse krokodilplaas in ‘n dam geval het, het die polisie in Noordwes Woensdagaand bekend gemaak. “Die eienaar van die krokodilplaas was glo besig om ‘n waterpyp reg te maak toe hy in die dam geval het,” het lt. kol. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, gesê. “Die slagoffer

Lees verder: Krokodille vreet eienaar op

Verkeerde demokrasie

Die VSA mag dalk net nie die soort demokrasie in die wêreld kry waarvoor hulle gewens het nie. Selfs op die tuisfront in die deelstaat Wisconsin is daar populistiese roeringe. Wisconsin is waar vakbonde die diepste ingegrawe is, maar dit lyk asof die Republikeine die taai unie-greep gaan loswikkel. Populistiese winde van onrus wat oor

Lees verder: Verkeerde demokrasie

Veiligheidsmagte gryp in om Zuma te beskerm

President Jacob Zuma is Dinsdag in die Ivoorkus deur ontstoke jeugdiges, ondersteuners van presidentskandidaat Alassane Ouattara, oorval. Meer as twee dosyn pro-Ouattara jeugdiges het op Jacob Zuma se motor toegesak en Suid-Afrikaanse veiligheidsmagte moes ingryp om die president te beskerm. “Zuma, Zuma, vertel die waarheid,” het die jeugdiges geskree. Zuma word gesien as ‘n ondersteuner

Lees verder: Veiligheidsmagte gryp in om Zuma te beskerm