Plaaswerkeropstand in Wes-Kaap

Sowat 500 plaaswerkers het Maandagoggend op die N1 by De Doorns betoog, het die Wes-Kaap se polisie gesê. Lt.kol. André Traut sê die werkers betoog as gevolg van ‘n loon-dispuut. Die snelweg tussen Touwrivier en De Doorns is as ‘n voorsorgmaatreël gesluit, met verkeer wat deur Ceres herlei is. Niemand is tot dusver in hegtenis

Lees verder: Plaaswerkeropstand in Wes-Kaap

Hospitale kanselleer aandbesoek

Die Chris Hani Baragwanath-, Charlotte Maxeke- en Helen Joseph-hospitaal het te midde van vrese oor die veiligheid van hospitaalpersoneel alle besoeke in die aand gekanselleer, het die Sunday Times berig. Volgens die koerant word besoekers weggewys en sommige het buite die hospitale gekampeer tot die hekke oopmaak vir dagbesoeke. Dié besluit is gemaak ná ‘n

Lees verder: Hospitale kanselleer aandbesoek

Slegs 22 lande ter wêreld het Britse plundertogte misgeloop

Enige een wat al ‘n atlas geraadpleeg het, weet van die omvang van Britse heerssug. Min weet egter watter lang geskiedenis van boewery en diefstal Brittanje mee spog. Die merkwaardige globale grypsug van hierdie land is nie algemeen bekend nie. ‘n Nuwe studie het nou bevind dat die Britte byna 90 persent van alle lande

Lees verder: Slegs 22 lande ter wêreld het Britse plundertogte misgeloop

Britse premier op skadebeheer-reis na MO

Premier Cameron se diplomatieke toer na die Midde-Ooste het afgeskop met aanbiedinge van miljard-dollar-wapentransaksies aan lande met gebrekkige menseregterekords. Hy het mediadekking van die reis probeer beperk te midde van beskuldigings dat Brittanje met outokratiese regimes heul. Tydens die toer sal Cameron poog om verhoudings met beide Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) te

Lees verder: Britse premier op skadebeheer-reis na MO

Zille tjoepstil oor Mandela, Mbeki se uitgawes

DA-leier, Helen Zille, se poging om president Jacob Zuma se Nkandla-woning Sondag te betree het te midde van dreigemente van klipgooiery en ander geweld geëindig. Sowat 120 ANC-lede van die party se Musa Dladla plaaslike tak, het ‘n uitdagende Zille gewaarsku om terug te gaan na die Wes-Kaap en met al die uitdagings daar te

Lees verder: Zille tjoepstil oor Mandela, Mbeki se uitgawes

Swaar polisieteenwoordigheid in Nkandla met Zille-besoek

‘n Swaar polisieteenwoordigheid hou toesig oor Nkandla voor die DA-leier, Helen Zille, se beplande inspeksie van pres. Jacob Zuma se privaatwoning. Sowat 50 ANC-ondersteuners het in die straat buite Zuma se woning in die nedersetting van KwaNxamalala betoog. ‘n Polisiehelikopter sirkel oor die gebied en beamptes het voertuie afgetrek en lisensies en die identiteite van

Lees verder: Swaar polisieteenwoordigheid in Nkandla met Zille-besoek

Geweld breek uit na dood van stroper

Die dood van ‘n perlemoenstroper het aanleiding gegee tot onluste op Hawston. Twee mense is Sondag in hegtenis geneem na gewelddadige botsings tussen polisiebeamptes en inwoners op die dorp, berig Eyewitness News. Die twee staan tereg op aanklagte van poging tot moord nadat inwoners Saterdagmiddag verwoesting gesaai het toe hulle motorbande aan die brand gesteek

Lees verder: Geweld breek uit na dood van stroper

Stellenbosch, Transformaties en Ukwanda

Onlangs is berig oor die inwyding van die Universiteit Stellenbosch (US) se landelike kliniese skool op Worcester (Die Burger, 26 Okt, p 13). Die geboue het R65 miljoen gekos; ‘n bedrag waarmee eerder heelwat op die Stellenbosch- of Bellville-kampus van die US vermag kon word. Naas hierdie nuwe Worcester-kampus word addisionele US-leersentrums op Caledon, Ceres,

Lees verder: Stellenbosch, Transformaties en Ukwanda

Ebiblioteekboek oor Naspers beskikbaar

Die kort boek deur Anton Harber oor Naspers en Koos Bekker, Gorilla in the room, is so pas opgelaai by PRAAG se ebiblioteek. Dit kan gratis deur betalende PRAAG-lede uitgeneem word. ‘n Resensie daarvan sal binnekort hier verskyn. Ons is ook besig om vele ander eboeke beskikbaar te maak, onder andere klassieke Afrikaanse speurverhale uit

Lees verder: Ebiblioteekboek oor Naspers beskikbaar

Media24 medepligtig aan volksmoord!

Vlak 8 van Volksmoord soos beskryf deur GenocideWatch handel oor die ontkenning van die volksmoord. Die realititeit vir duisende blankes is dat hulle vermoor word omdat hulle wit is, dat hulle weerhou word van werk omdat hulle wit is en dat die swaard van hervorming en transformasie oor ons hang omdat ons ‘n wit volk

Lees verder: Media24 medepligtig aan volksmoord!