Sowat 50 ANC-ondersteuners het in die straat buite Zuma se woning in die nedersetting van KwaNxamalala betoog.
‘n Polisiehelikopter sirkel oor die gebied en beamptes het voertuie afgetrek en lisensies en die identiteite van mense nagegaan.
Verskeie njalas en ‘n waterkanon is ook in die gebied ontplooi.
Die DA het Donderdag gesê hy beplan om Zuma se privaatwoning te besoek, waar R200 miljoen se opknappingswerk tans gedoen word.
Zille en ander amptenare van die DA sal die paaie om die eiendom ondersoek, en ook probeer om die eiendom te betree.
Die ANC en sy bondgenote het dié besluit gekritiseer.
Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) het Saterdag gesê Zille se beplande besoek is deel van ‘n regse, rassistiese agenda.
Zille moet haar planne om ‘n inspeksie by pres. Jacob Zuma se woning in Nkandla te hou, laat vaar, het die ANC Saterdag gesê.
“Ons beskou dit as onnodige uitlokking met die doel om die privaatheid van die president, sy familie en mense van eNkandla te skend,” het Jackson Mthembu, die party se woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.
“Ons doen weer ‘n beroep op die DA om nie voort te gaan met dié inval nie, wat op uitlokking neerkom.”
Die DA het Donderdag gesê hy beplan om Zuma se privaatwoning te besoek, waar opknappingswerk van meer as R200 miljoen tans gedoen word.
Die Oos-Kaapse ANC het Vrydag gesê dié besoek is soortgelyk aan klopjagte wat in die apartheidsera uitgevoer is.
Die werk wat aan die president se woning gedoen word, kos volgens berigte R203 tot R238 miljoen.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.