Die dood van ‘n perlemoenstroper het aanleiding gegee tot onluste op Hawston. Twee mense is Sondag in hegtenis geneem na gewelddadige botsings tussen polisiebeamptes en inwoners op die dorp, berig Eyewitness News.
Die twee staan tereg op aanklagte van poging tot moord nadat inwoners Saterdagmiddag verwoesting gesaai het toe hulle motorbande aan die brand gesteek en die polisie se honde-eenheid aan die brand gesteek het. Die honde is ongedeerd, maar twee beamptes is beseer terwyl hulle die honde gered het.
Sewe polisievoertuie en ‘n verkeersvoertuig is ook aan die brand gesteek. Maj.genl. Peter Jacobs, adjunk provinsiale kommissaris, sê die aanvalle op die polisie was beplan.
Daar is glo bewyse dat inwoners op die polisie geskiet het.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.