Zille tjoepstil oor Mandela, Mbeki se uitgawes

DA-leier, Helen Zille, se poging om president Jacob Zuma se Nkandla-woning Sondag te betree het te midde van dreigemente van klipgooiery en ander geweld geëindig.

Sowat 120 ANC-lede van die party se Musa Dladla plaaslike tak, het ‘n uitdagende Zille gewaarsku om terug te gaan na die Wes-Kaap en met al die uitdagings daar te werk in plaas daarvan om op Zuma te kom spioeneer.

Met ANC-ondersteuners wat van Durban en Vryheid gereis het, en die teenwoordigheid van ongeveer 100 polisielede, sommige van die taktiese reaksie-span, het verhoed dat die dag in geweld eindig.

Zille en haar afvaardiging van ses, waaronder die voorsitter van die DA jeug Mbali Ntuli, Limpopo DA-leier, Jacques Smalle en DA se KwaZulu-Natal voorsitter Haniff Hoosen, is begelei na Zuma se huis deur 30 polisielede van die taktiese span wat saam met haar konvooi vanaf Eshowe, 50km vanaf Nkandla, gereis het.

Gewapende polisielede het Zille begroet, maar het haar verhinder om nader aan die komplek te beweeg.

Die woedende DA-leier het die polisie uitgedaag en aanhou probeer beweeg na waar ANC-ondersteuners gewag het om konfrontasie met hulle uit te lok.

“Die ANC-lede versper ‘n openbare pad,” het sy gesê. “Dit is ‘n demokratiese land. Ons het vryheid van beweging. Die polisie verdedig die ondermyning van die Grondwet en tas die oppergesag van die reg aan deur nie ons reg op vryheid van beweging toe te laat nie.”

‘n Verbale skermutseling met die polisie in die taktiese reaksie-span het gevolg en sy is deur ‘n menslike muur verhoed om verder te gaan. Die polisie het waarskynlik ‘n gewelddadige botsing verhoed tussen die twee groepe.

ANC-ondersteuners het haar uitgejou vir ‘n imperialis wat nie wil hê ander gebiede behalwe Wes-Kaap moet ontwikkel nie.

Zille en haar party kon slegs daarin slaag om Zuma se kompleks vanaf die hoofpad, sowat ‘n kilometer van die herehuis, te besigtig.

Ontsteld oor haar behandeling deur die polisie, het Zille daarna na ‘n polisiestasie gegaan om ‘n klag van oortreding van die Wet op Wettige Byeenkomste te lê.

Talle ANC-lede het hulle verbasing uitgespreek dat Zille nooit ondersoek ingestel het na Mandela en Mbeki se uitgawes van miljarde nie, en ook nooit gevra het dat die Nelson Mandela Kinderfonds se begunstigdes uitgeskud word nie.

“Ons het gevoel dit is belangrik vir ons om die kompleks vir onsself te sien voordat ons die hofgeding teen die president begin vir hierdie blatante misbruik van mag,” het Zille gesê. Sy het nie kommentaar gelewer oor die vermeende verduistering van miljarde deur Mandela en Mbeki nie.

“Dit is staatsgeborgde korrupsie op ‘n ongekende skaal. Ons kan nie hom laat wegkom daarmee nie.”

данильченко юрій броніславович

Maak 'n opvolg-bydrae