‘Selfs Homer Simpson is teen nasionalisering’

Die Vryheidsfront Plus is van mening dat die ANC se insig dat die nasionalisering van myne, soos vervat is in die verslag van ‘n ANC-taakspan, nie ‘n lewensvatbare beleid vir Suid-Afrika is nie, mosterd na die maal is. Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus parlementêre woordvoerder oor minerale, moet die ANC kennis neem van die

Lees verder: ‘Selfs Homer Simpson is teen nasionalisering’

Moorde hoër as padsterftes

Suid-Afrika is die enigste land waar ‘n mens meer geneig is om vermoor te word as om in ‘n padongeluk te sterf, het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) in ‘n opname bevind. “Dat ons moordsyfer meer as die sterftes op die paaie is beteken nie dat padsterftes laag is nie, net dat ons ‘n

Lees verder: Moorde hoër as padsterftes

Twee vas oor plofstof

Twee mans het in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn vir die versuim om oorskiet plofstof na skietwerk wat hulle gedoen het, te vernietig, het die polisie Maandag gesê. Sersant Fikiswa Matoti het gesê Alen Smith, 36, en Johannes van der Merwe, 24, twee werknemers van ‘n privaatplofstofmaatskappy, is aangekla van die onwettige besit, vervoer en berging

Lees verder: Twee vas oor plofstof

‘Tieners bewonder my hare’

Die Demokratiese Alliansie se parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, het Maandag gesê sy is ‘n rolmodel vir jong meisies van alle rasse. “Die demografie van die jong mense wat my voorkeer in die straat is veral tiener-en pre-tiener meisies van alle rasse wat my vra watter vakke hulle in die hoërskool moet neem om ‘n LP

Lees verder: ‘Tieners bewonder my hare’

Myne gaan belas word, nie genasionaliseer

Nasionalisering is nie ‘n opsie vir die mynsektor nie, het Trevor Manuel, minister in die presidensie, Maandag gesê. “Die minister [Susan Shabangu] was redelik op die man af toe sy gesê het daar oor haar dooie liggaam nasionalisering sal wees. Vir ‘n duideliker stelling as dít, kan jy nie vra nie,” het hy aan die

Lees verder: Myne gaan belas word, nie genasionaliseer

Taalunie ondersteun mosie oor Afrikaans

De IPC van de Taalunie heeft zojuist met algemene stemmen een motie aangenomen die de ministers van Vlaanderen en Nederland oproept zich actief op te stellen het Afrikaans te ondersteunen. Dit in het licht van de wens dat er in ieder geval twee Afrikaanstalige universiteiten dienen te zijn. De motie werd ondertekend door Nederlandse en

Lees verder: Taalunie ondersteun mosie oor Afrikaans

Die Antwoord op Letterman

Afrikaners sal vanaand danksy Hollywood se invloed ‘n venster gegun word tydens ‘n wêreldberoemde tv-program en die onderwerp sal nie plaasmoorde wees nie. Die Afrikaanse “zef-rapper” groep van Kaapstad, Die Antwoord, sal Maandagaand op die alombekende televisiegeselsprogram, die Late Show met David Letterman, verskyn. Die program sal ook op Suid-Afrikaanse televisie in die komende weke

Lees verder: Die Antwoord op Letterman

Polisieteenwoordigheid opgeskerp na ‘Bobbejaan klim die berg’

‘n Sterk polisie-teenwoordigheid sal weer in Ventersdorp heers wanneer Eugene Terre’Blanche se moordverhoor vandag hervat word. Rassespanning het verlede week opgevlam toe die enkele paar AWB-ondersteuners ‘Bobbejaan klim die berg’ begin sing het nadat swart inwoners snedige plakkate vertoon het. Die swart inwoners het ook ‘Awuleth ‘Umshini wami’ gedreunsing. Noordwes se polisiewoordvoerder Thulani Ngubane het

Lees verder: Polisieteenwoordigheid opgeskerp na ‘Bobbejaan klim die berg’

Xenofobiese geweld breek uit in Welkom

Welkom-polisie het 43 mense hierdie week in hegtenis geneem na aanleiding van openbare geweld en plundery wat verband hou met ‘n werkloosheidprotes, het die Vrystaatse polisie Sondag gesê. Van dié wat in hegtenis geneem is, is 34 in die besit van gesteelde eiendom gevang nadat winkels in Thabong geplunder is vier nagte in ‘n ry,

Lees verder: Xenofobiese geweld breek uit in Welkom

Egipte gaan 19 Amerikaners verhoor wat ‘onrus stook’

‘n Amerikaanse dreigement om hulp af te sny word deur Egipte geïgnoreer en hulle sal 19 Amerikaners en 24 ander werknemers van nie-regeringsorganisasie-groepe (NRO) krimineel verhoor op aanklagte dat hulle onwettig buitelandse fondse gebruik het om onrus in die land te stook. Egipte se militêre leiers het reeds gespanne verhoudinge met Washington. Hulle beskuldig groepe

Lees verder: Egipte gaan 19 Amerikaners verhoor wat ‘onrus stook’