Egipte gaan 19 Amerikaners verhoor wat ‘onrus stook’

‘n Amerikaanse dreigement om hulp af te sny word deur Egipte geïgnoreer en hulle sal 19 Amerikaners en 24 ander werknemers van nie-regeringsorganisasie-groepe (NRO) krimineel verhoor op aanklagte dat hulle onwettig buitelandse fondse gebruik het om onrus in die land te stook.

Egipte se militêre leiers het reeds gespanne verhoudinge met Washington. Hulle beskuldig groepe wat deur die VSA befonds word daarvan dat hulle die bevordering van demokrasie en menseregte misbruik om geweld aan te stig. In die nasleep van die opstand ‘n jaar gelede wat pres Hosni Moebarak ontsetel het, dui Sondag se besluit om 43 werkers van verskillende NRO-groepe te verhoor, op ‘n skerp toename in die geskil.

Egipte en die Verenigde State was noue bondgenote vir meer as drie dekades, maar die veldtog teen die nie-regeringsorganisasies het Washington se woede gaande, en stel die $1,5 miljard in hulp in gevaar wat Egipte sou ontvang van die VSA hierdie jaar.

Hillary Clinton het Egipte Saterdag gewaarsku dat die versuim om die geskil op te los, kan lei tot die verlies van die Amerikaanse steun. Die Egiptiese minister, Mohammed Amr, het egter Sondag gesê dat die regering nie kan inmeng in die werk van die regbank nie.

Amr het met verslaggewers by ‘n sekuriteitskonferensie in München, Duitsland gepraat.

Die Egiptiese ondersoek na die werk van die NRO-groepe in die land is nou gekoppel met die politieke onrus wat die land sedert die afsetting van Moebarak teister.

Dié bewerings ondersteun ‘n gevoel onder ‘n breër publiek wat sensitief is oor bewerings van buitelandse inmenging en ‘n sameswering om Egipte te destabiliseer in byna elke gebaar deur ‘n vreemde land sien.

Egipte beleef ‘n nuwe siklus van geweld, met 12 sterftes in vier dae van botsings. Verlede week is 74 mense dood nadat geweld by ‘n sokkerwedstryd uitgebreek het.

Die minister van internasionale samewerking Faiza Aboul Naga, ‘n oorblyfsel uit die Moebarak-regime wat haar pos na sy afsetting behou het, is die leidende figuur in die ondersoek teen die NRO-groepe. Sondag, het sy beloof om die saak tot die einde toe deur te voer. Die ondersoek, het sy beweer, lewer bewyse dat daar “komplotte is wat daarop gemik is om Egipte se stabiliteit te vernietig.”

Al 43 is verbied om die land te verlaat. ‘n Datum vir die verhoor is nog nie vasgestel nie. Hulle kan tussen drie en sewe jaar in die gevangenis in die gesig staar indien hulle skuldig bevind word op die aanklagte.

Die State Department se woordvoerder Victoria Nuland het aan verslaggewers gesê. “Ons is diep bekommerd oor hierdie verslae en vra ‘n verduideliking van die regering van Egipte.”

Moebarak se verhoor op aanklagte van medepligtigheid in die dood van honderde betogers tydens die 18-dae-opstand wat hom gedwing het om af te stap, gaan steeds voort.

александр лобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae