Sersant Fikiswa Matoti het gesê Alen Smith, 36, en Johannes van der Merwe, 24, twee werknemers van ‘n privaatplofstofmaatskappy, is aangekla van die onwettige besit, vervoer en berging van plofstowwe.
Die saak teen hulle is uitgestel tot Dinsdag in dieselfde hof.
Die mans is in hegtenis geneem toe die plofstof in hul besit gevind is Donderdag. Polisie het gesê hulle het ‘n wenk van ‘n lid van die publiek ontvang.
Matoti het gesê dit word deur die wet vereis dat oorblywende plofstof na elke wettige ontploffingsoefening vernietig word, maar dat die mense versuim het om by die reël bly.
Polisie het die gekonfiskeerde plofstof aan die forensiese eenheid gestuur om dit te vergelyk met dié wat gebruik word by onlangse skietwerke.
