“Die demografie van die jong mense wat my voorkeer in die straat is veral tiener-en pre-tiener meisies van alle rasse wat my vra watter vakke hulle in die hoërskool moet neem om ‘n LP te word, en wat sê hulle dink dit is so opwindend dat ek is ‘n lid van die Parlement is en dat my hare pragtig lyk,” het sy aan die Kaapstadse Persklub gesê.
Mazibuko het gesê dat sy nie die rassekaart gespeel het in die bitter veldtog vir die parlementêre leierskap nie, maar dat sy tot die diversiteit van die DA se topbestuur bygedra het.
“Jong mense in die besonder stel in die toekoms van die party belang en identifiseer en bewonder die lede van die leierskap op ‘n manier wat hulle gewoonlik nie vyf of 10 jaar gelede sou nie.”
Sy het gesê swart kiesers vind toenemend ‘n “ideologiese resonansie” met die DA en sy glo dat die party binne die volgende twee verkiesings ‘n dramatiese verandering in sy ondersteuningsbasis sal sien.
“By ons is diversiteit ‘n uitdaging. Die manier waarop ons betrokke raak met ras in die DA is ‘n iets waarmee ons die hele tyd worstel.
“Ek is daarvan oortuig dat dit ‘n uitdaging is waarmee ons met enorme spoed handel.”
Mazibuko het geweier om direk kommentaar lewer oor die kwessie rondom haar verkiesing waaroor die swart LP Masizole Mnqasela gewaarsku het dat dit blote oëverblindery was wat swart kiesers nie sal flous nie.
Sommige ontleders het tydens die laaste verkiesing gesê die party het deur die sogenaamde “wit plafon” gebreek, maar ander het daarop gewys dat die stemme hoofsaaklik ten koste van kleiner partye eerder as van die ANC gekom het.
Mazibuko het Athol Trollip in die parlementêre leierskapsverkiesing in Oktober maklik verslaan om die eerste swart persoon te word om die pos te beklee.
Sy het gister gesê dat die Parlement ‘n “disfunksionele instelling” geword het, want dit keur wetgewing goed wat geskryf is in die regerende party se hoofkwartier.
