Ná ‘n besoek aan die Transgariep is die Kaapse goewerneur, sir Harry Smith, na Natal waar hy Andries Pretorius in Februarie 1848 ontmoet het. Smith het sy bes gedoen om Pretorius te laat afsien van sy plan om uit Natal te trek, en gesê dat hy van plan was om die Transgariep te annekseer omdat
Leeus skryf ‘n sprokie
Gister, so in die vroegaand, het ’n uitbundige, waaghalsige 22-tal jong amateurs ons herinner wat dit aan rugby is wat van ons entoesiaste gemaak het. Vir 80 luisterryke minute is geesdriftiges teruggevoer na ’n ander era, ’n heerlike tydvak voordat professionalisme, propagandageskal, politieke tusseninnery en die uitbuiting van spelers die spel omvorm het van ’n
Letterkunde en die nasionale demokratiese revolusie
Die afgelope week of wat het daar ‘n soort onderonsie of relletjie hom tussen Afrikaanse skrywers afgespeel rondom die voortbestaan van die skrywersvereniging Pretoria-PEN. Tydens ‘n telefoongesprek tussen my en ‘n ander skrywer het hy die beswaar geopper dat ek “radikaal in die klassieke sin” sou wees. Iewers in die sewentigerjare het ‘n sielkundige van
Lees verder: Letterkunde en die nasionale demokratiese revolusie
China red Europa
China sal besmoontlik hulp verleen aan die Eurosone se reddingsfonds, maar die omvang van sy betrokkenheid sal afhang van Europese leiers wat aan ‘n paar belangrike voorwaardes voldoen, het twee senior raadgewers van die Chinese regering aan die Financial Times gesê. Enige Chinese ondersteuning sal afhang van die bydraes van ander lande en Beijing verlang
Pretoriase student wreed verkrag, gesteek
Beeld berig dat ‘n student aan die Universiteit van Pretoria in die jongste rasaanval verkrag en herhaaldelik met ‘n mes gesteek is. Sy het daarna haarself na die tuinhekkie gesleep om hulp te soek. Haar aanvaller het met haar selfoon en skootrekenaar gevlug. Sewe inwoners van die kompleks het glo gekla dat ‘n boosdoener dieselfde
Mugabe siek
Zimbabwe se president, Robert Mugabe het volgens regeringsbronne in die geheim na Singapoer gereis vir mediese behandeling, vir die agtste keer vanjaar, te midde van toenemende bespiegeling oor die gesondheid van die 87-jarige leier. Politieke waarnemers sê terwyl Mugabe sy 32ste jaar aan bewind nader, begin faksies in Zanu-PF in die openbaar steun werf in
Reserwebank verslap valutamaatreëls
Die Reserwebank sê hy gaan die maatreëls oor buitelandse valuta-beheer vir individue verder verslap, wat dit makliker sal maak vir persone om tot vyf miljoen rand per jaar in die buiteland te belê. Die Bank sê hy sal ook maatskappye toelaat om kapitaal in buitelandse besighede te verhoog, en maatreëls verslap vir korporasies wat buite
Die lang pad na ekonomiese vryheid
Duisende ondersteuners van die ANC-jeugliga het hul optog vir ekonomiese bevryding na die Kamer van Mynwese in Johannesburg begin. Die optog het begin kort nadat Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, die skare by die Beyers Naudé-plein, waar hulle sedert Donderdagoggend vergader, toegespreek het. Malema het ‘n beroep op ondersteuners gedoen om deur hul “lang
Katgeveg breek uit by die DA
Die venyn tussen faksies in die DA is na vore gebring deur die pasafgelope parlementêre leierskapstryd in die party nadat ‘n katgeveg tussen twee vooraanstaande vroue uitgebreek het. DA-leier Helen Zille het te velde getrek teen lede van haar party wat beweer het sy het die wenner, Lindiwe Mazibuko, onregverdig voorgestoot deur onbeskaamd vir haar
Die DA se fopswarte
Lindiwe Mazibuko is pas tot die nuwe parlementêre leier van die Demokratiese Alliansie verkies. Ek gaan terloops nou nie juis vreeslike krokodiltrane huil omdat haar teenstander, Athol Trollip, die verkiesing verloor het nie, buiten om te wonder of sy aggressiewe jingo-haat vir diegene wat hy “idiots” noem, Afrikaners, nie bygedra het tot sy nederlaag nie.
