Die optog het begin kort nadat Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, die skare by die Beyers Naudé-plein, waar hulle sedert Donderdagoggend vergader, toegespreek het.
Malema het ‘n beroep op ondersteuners gedoen om deur hul “lang staptog na ekonomiese vryheid, maksimum dissipline” te handhaaf.
“Neem julle tyd en stap. Ons het heel dag en nag. Julle moenie hardloop nie,” het hy gesê.
“As jy ‘n bottel water het, moet jy dit met jou medemens deel. Ons [die leierskap] sal saam met julle aan die optog deelneem omdat ons almal uit armoedige omstandighede kom.”
Die groep sal volgende na die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) in Sandton stap.
Hulle sal met busse, taxi’s, vragmotors en bakkies van Sandton na die Uniegebou in Pretoria vervoer word.
Nadat toestemming geweier is om ‘n nagwaak by die Uniegebou te hou, het die Jeugliga Woensdag gesê die nagwaak gaan nou by die Caledonian-stadion op die hoek van Pretoriusstraat en Nelson Mandelaweg gehou word.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.