Die slagoffer, die 58-jarige Tony Goble, het daarin geslaag om uit die bagasieruim van sy motor te ontsnap in weerwil daarvan dat hy oor die kop geslaan is met 'n pistool wat vier van sy tande gebreek het.
Die Natal Witness berig dat kapers gepoog het om 'n plaaswerknemer van Bergville Vrydagnag lewendig te verbrand. Sy motor is aan die brand gesteek terwyl hy in die kattebak toegesluit was.Die slagoffer, die 58-jarige Tony Goble, het daarin geslaag om uit die bagasieruim van sy motor te ontsnap in weerwil daarvan dat hy oor die kop geslaan is met 'n pistool wat vier van sy tande gebreek het.
Eskom het vandag gewaarsku dat die organisasie sekere van sy tyd- en kosteteikens in sy infrastruktuuruitbreidingsprogram gaan misloop.
Volgens dié organisasie wat daar reeds 36 polities gemotiveerde moorde en 2 000 geweldslagoffers sedert die eerste ronde van die verkiesing aan die einde van Maart.
Volgens die verslag het president Robert Mugabe se Zanu PF-party oorgegaan tot 'n polities gemotiveerde veldtog van plundery en vernietiging, met diere wat geslag word, kos en eiendom wat gesteel word, asook die afbrand van wonings.
Ontwortelde buitelanders is onlangs deur die VN vertel dat hulle nie Westerse lande sal kan gaan om politieke asiel te vra nie.
Die groep het op die rotse gaan sit en vir die hooggety gewag om hulself te verdrink.
Die Nasionale seereddingsinstituut het drie reddingsbote en 'n landreddingsgroep na die toneel gestuur. Een of twee buitelanders het ingespring, maar hulle is weer terug na die strand gebring.
Volgens die leier van die Onafhanklike Demokrate, Patricia de Lille, is die situasie in Soetwater besonder gespanne.
In die Ooskaap het hernieude spanning tussen plaaslike inwoners en die buitelandse burgers opgevlam, met een man dood en verskeie winkels in Port Elizabeth wat geplunder is.
President Thabo Mbeki het 'n algehele laagtepunt in sy gewildheidskoers bereik.
Die jongste meningspeiling wat deur TNS-navorsingsopnames gepubliseer is, toon dat Mbeki slegs die steun van 37% van die bevolking geniet.
Nie so lank terug nie, in April 2005, het Mbeki se steun op 66% gestaan.
Intussen het die ANC-president Jacob Zuma ook 'n taamlik lae 36%-koers van die Suid-Afrikaanse publiek ontvang vir sy pligte as leier van die regerende party.
Van alle swart taalgroepe, steun die Zoeloes Mbeki die minste.
City Press het Sondag berig dat regterpresident John Hlope na bewering twee regters van die Grondwethof gevra het om ten gunste van die ANC-president Jacob Zuma te bevind indien hulle 'n toekoms op die regbank wil hê.
Volgens die koerant het Hlopa aan die twee regters genoem dat hy die volgende hoofregter gaan wees.
Bess Nkabinde en Christopher Jafta is individueel in hul kantore genader.
Verskeie grondwethofregters het toe gedink, nadat die twee hulle op hul beurt genader het, dat Hlope se optrede 'n ernstige oortreding was wat na die Geregtelike dienskommissie verwys behoort te word.
Suid-Afrikaners sal alles moontlik moet doen om sowel minder krag as petrol te verbruik, het 'n Sasol-beampte gister gesê.
Tydens 'n gesprek by die Wêreldekonomiese forum oor Afrika in Kaapstad, het Sasol se direkteur vir energie, Benny Mokaba, gesê dat die huidige vraag na elektrisiteit ook die vloeibarebrandstofmark kan beïnvloed.
Vloeibarebrandstofproduksie hang af van die stabiliteit van elektrisiteitsvoorsiening en die land maak toenemend van diesel gebruik om elektrisiteit op te wek. Dieselverbruik het verlede jaar met 12% gestyg. Vanjaar het dit met 6% toegeneem.
Die gebruik van kragopwekkers by sakeondernemings en huishoudings is ook besig om die vraag na diesel te verhoog. Suid-Afrika is nou 'n netto invoerder vir die eerste keer in 2007-08.
Moeletsi Mbeki, die broer van president Thabo Mbeki, voorspel megakonflikte as gevolg van die regering se oopgrensbeleid teenoor buitelanders. Hy het gepraat by 'n seminaar wat deur die Instituut vir Sekerheidstudies gehou is en die regering vir die onlangse geweld geblameer.
Moeletsi Mbeki het gesê dat indien 'n regering nie sy grense beheer, die burgers dit deur geweld sal doen.
Die adjunkminister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, het egter die teenoorgestelde standpunt ingeneem en gesê dat die uitsetting van mense 'n duur en futiele poging was omdat hulle so vinnig terugkom as wat hulle teruggeneem word.
Die SAOG-lande, waaronder Suid-Afrika, beplan om 'n protokol te aanvaar waardeur hul 180 miljoen burgers vrylik oor grense sal kan beweeg.
Die minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang, het gister aangekondig dat MIV aan die afneem is in Suid-Afrika.
Tshabalala-Msimang het gedurende haar begrotingsdebat in die parlement gepraat. Volgens haar sal 'n opname binnekort vrygestel word om aan te toon dat MIV oor die afgelope twee jaar gedaal het.
Die minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang, het gister aangekondig dat MIV aan die afneem is in Suid-Afrika.
Tshabalala-Msimang het gedurende haar begrotingsdebat in die parlement gepraat. Volgens haar sal 'n opname binnekort vrygestel word om aan te toon dat MIV oor die afgelope twee jaar gedaal het.