Die president van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, se gewildheid het oor die afgelope ses tot sewe maande aansienlik afgeneem, het ‘n meningsopname getoon. Die TNS-meningsopname het sowat 2000 volwassenes in sewe groot stede genader en bevind dat Malema se gewildheid met ‘n derde afgeneem het. Die meeste was van mening dat dié omstrede jeugleier nie
Sport in politiek of handskoenkamerade?
Nadat oud-Polisiekommissaris Jackie Selebi 15 jaar gevangenisstraf opgelê is, is in sommige kringe sinies opgemerk sy grootste oordeelsfout was om gesien te word as iemand wat hom in die Mbeki-kamp bevind. Toe die land nie meer Mbeki se oordeel vertrou nie, het Selebi se doppie geklink. Nou word berig dat ANC-parlementslede woedend is omdat SASKOK
Visserman
бензиновый илиданильченко юрій Харків
Rusland gebuk onder graankrisis, droogte en wegholbrande
Drie krisisse tref Rusland tans gelyktydig: die hoogste temperature ooit aangeteken in 130 jaar van rekordhouding, die mees wydverspreide droogte in meer as drie dekades, en massiewe wegholbrande wat oor sewe streke, insluitend Moskou uitgebreek het. Dié krisisse dreig om die koringoes in Rusland, wat een van die wêreld se grootste koringuitvoerders is, te vernietig.
Lees verder: Rusland gebuk onder graankrisis, droogte en wegholbrande
Vakbonde dink regering lieg
Volgens verskeie vakbonde is die regering nie eerlik as hulle sê dat hul nie die 8.6% loonverhoging kan bekostig nie. “Hulle het die Wêreldbeker-sokkertoernooi gehou. Hulle het geld en dan verwag hulle van ons om vir dadels te werk,” het Merlyn Mjoni, ‘n stakende onderwyseres van Garankuwa, tydens Dinsdag se stakings in Pretoria se middestad
Konsentrasiekamp brand
‘n Gedeelte van ‘n voormalige Nazi-konsentrasiekamp in Majdanek in Pole is deur ‘n brand verwoes. Volgens amptenare het meer as helfte van die terrein afgebrand en is die skoene van sowat 10 000 slagoffers van die Joodse volksmoord ook vernietig. Die direkteur van die Yad Vashem-museum in Israel, Avner Shalev, het sy spyt oor die
ANC gaan gedrukte media transformeer
Die ANC het Dinsdag die gedrukte media in Suid-Afrika se toewyding aan transformasie bevraagteken. Die regerende party wil die media dwing om hul aandeelhouding aan te pas deur wetlike regulering. “Drukmedia beskik nie oor ‘n handves vir transformasie nie, ten spyte van die verandering wat reeds in die land plaasgevind het,” het Jackson Mthembu, die
Waar kom die Asrivier vandaan?
“Ek sê julle, die Asrivier is na my oupagrootjie vernoem!” Oom Hakie is driftig omdat niemand sy weergawe ernstig wil opneem nie. Nou moet ek darem net gou sê: die opskrif van die storie is misleidend. Almal weet waar die Asrivier vandaan kom. Sy water kom van die Katzedam in Lesotho van waar dit in
‘Zim-weermag moet hulpbronne beskerm’ – Mugabe
President Mugabe het vandag sy weermag gemaan om Zimbabwe se natuurlike hulpbronne te beskerm, terwyl verkope van sogenaamde “bloeddiamante” deur Zimbabwiese soldate ondersoek word. “My boodskap aan u vandag is om lojaal te bly teenoor u land en om sy onafhanklikheid, soewereiniteit en natuurlike hulpbronne jaloers te bewaak,” het Mugabe tydens ‘n toespraak aan troepe
Taliban en die moord op Christen-hulpwerkers
Terwyl die wêreld nog geskok is oor die moord van tien mediese hulpwerkers in Afganistan word die ontleedmesse uitgehaal. En geen scenario lyk goed nie. Die tien buitelandse hulpwerkers was lid van die organisasie IAM, maar hierdie Christen-hulporganisasie is nie die enigste Christen-organisasie wat in die land betrokke is nie. Tradisioneel, selfs toe die Taliban
