Waarmee is Malema besig?

Dat Julius Malema  as eregas by die sewende  SA Musiekkonferensie genooi is lyk op die oog heel onskuldig. Ongelukkig is niks waaraan Malema deelneem onskuldig nie. Malema kon nie by die konferensie in Durban, bygewoon deur 500 platejoggies (waarskynlik almal swart), teenwoordig wees nie. Hy het eerder ‘n opname gestuur waarin hy die aanwesiges oproep

Lees verder: Waarmee is Malema besig?

Groendruppel-verslag sê SA is diep in die knoffel

Kort op die skokkende Ouditeur-generaal-verslag oor die stand van Suid-Afrikaanse munisipaliteite, waar net sewe van 283 munisipaliteite “skoon” ouditverslae gekry het, is die Groendruppel-verslag uitgereik, met amper net so ‘n ‘n treurige verhaal. Een wat lewens kos. Van die 821 rioolaanlegte wat getoets is, het 40 ‘n uitstekende beoordeling gekry. Hulle het Groendruppel-status verwerf. Nog

Lees verder: Groendruppel-verslag sê SA is diep in die knoffel

Zandspruitbetogers waarsku Zuma

Beyers Naudé-rylaan is kort ná 09:00 Donderdagoggend weer oopgestel vir verkeer nadat inwoners van Zandspruit verbygaande motors met klippe bestook het, het die metropolisie gesê. “Die polisie kon daarin slaag om die betogers in bedwang te bring en daar is ‘n sterk polisieteenwoordigheid in die gebied,” het hoofsupt. Wayne Minaar gesê. In die stadium is

Lees verder: Zandspruitbetogers waarsku Zuma

Cele weer in huurfiasko

Genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het weer eens onregmatig en onwettig opgetree, het die openbare beskermer (OB) bevind. Nadat Cele in Februarie skuldig bevind is oor ‘n huurooreenkoms van R500 miljoen vir die polisie se nuwe hoofkantoor in Pretoria, het hy weer ‘n ooreenkoms van R1,17 miljard vir die polisie se provinsiale hoofkantoor in Durban

Lees verder: Cele weer in huurfiasko

Soweto-opstand: 19 vas

Die polisie het 19 mense by die Dube-hostel in Soweto vir beweerde opsetlike saakbeskadiging en openbare geweld in hegtenis geneem. Kapt. Katlego Mogale het gesê die mense het betoog teen die stadige pas van toewysing van woonstelle by die hostel. Volgens haar het die betogers by die hostel ingebreek en die gebou gevandaliseer. “Hulle het

Lees verder: Soweto-opstand: 19 vas

DA verdedig toestroming oor grense

‘n Senior ANC-LP, Maggie Maunye, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake, het gesê Suid-Afrika kan nie onbepaald voortgaan met die “inname” van mense nie. Die DA het heftig teen dié stelling kapsie gemaak en Maunye van “xenofobie” beskuldig. Maunye het aan die komitee gesê die mense van Suid-Afrika het nie werklik in 1994

Lees verder: DA verdedig toestroming oor grense

Munisipale oudit bly donker wolk met minder donker randjie

‘n Jaar gelede het die sedertdien rustende minister van Samewerkende Regering, Sicelo Shiceka, ‘n gesamentlike nuuskonferensie met die Ouditeur-generaal toegespreek. Die doel van die konferensie was om gesamentlike doelwitte te stel, wat onder meer insluit dat alle munisipaliteite teen 2014 skoon oudits moet behaal. By dié geleentheid is ook aangekondig dat handleidings aan 283 munisipaliteite

Lees verder: Munisipale oudit bly donker wolk met minder donker randjie

Definisie vir militêre veterane bly

Die Portefeuljekomitee op Verdediging en Militêre Veterane in die Nasionale Vergadering het die definisie van ‘n militêre veteraan, soos dit aanvanklik in die Wetsontwerp op Militêre Veterane omskryf is, behou. Volgens die definisie kwalifiseer, onder andere, enige persoon wat militêre diens gedoen het in die statutêre en nie-statutêre magte voor 1994, as ‘n militêre veteraan.

Lees verder: Definisie vir militêre veterane bly