Hlope trek appèlsaak terug

Die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, sal die appèlsaak wat hy in die konstitusionele hof hangende gemaak het, terugtrek. Die appèl spruit uit ’n klag wat twee regters van die konstitutionele hof, Bess Nkabinde en Chris Jafta, by die Regterlike Dienskommissie (RDK) teen Hlophe gelê het. Nkabinde en Jafa het Hlophe in Mei verlede jaar daarvan

Lees verder: Hlope trek appèlsaak terug

ANC-minister dreig met ‘grondhervorming soos in Zimbabwe’

Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gugile Nkwinti, het oor die naweek gedreig dat grondhervorming na die Zimbabwiese model in Suid-Afrika toegepas gaan word. Nkwinti het op Vryheid in Kwazulu-Natal gesê: “Ons het gesien wat in Zimbabwe gebeur het, dit gaan hier gebeur omdat grond ‘n sleutelkwessie tydens bevryding is.” (In die oorspronklike Engels

Lees verder: ANC-minister dreig met ‘grondhervorming soos in Zimbabwe’

‘ANC-jeugliga bedreig rasseharmonie’

Die VF Plus gaan ‘n regsmening formuleer op grond van die ANC se partygrondwet en ANC-beleidsdokumente waarvolgens Malema en die jeugbestuur duidelik ANC-reëls oortree en binne die ANC se strukture aangekla behoort te word. Dit sal aan die ANC se leierskap voorgelê word vir verdere aksie, by gebreke waarvan die VF Plus die ANC-jeugliga by

Lees verder: ‘ANC-jeugliga bedreig rasseharmonie’

Die swakste vertoning

Rio de Janeiro sal die 31ste 2016 Olimpiese Spele aanbied, nadat die stad ‘n wegholoorwinning oor Madrid behaal het in die laaste en finale rondte van die stemmery Vrydag. Die Internasionale Olimpiese Komittee het algar verbaas by die Bella Convention Centre deur die gunsteling Chicago in die eerste rondte uit te stem, ten spyte van

Lees verder: Die swakste vertoning

IT-bedryf gaan ekonomie red

Inligtingstegnologie, IT, sal sowat 5.8 miljoen nuwe werksgeleenthede binne die volgende vier jaar skep en ‘n groot bydra tot ekonomiese groei maak, volgens die Data Korporasie, IDC, se navorsing. Die IDC voorspel dat die IT-bedryf ‘n groot rol sal speel om ekonomieë uit neerslagtigheid te help deur meer as 75 000 nuwe besighede in die

Lees verder: IT-bedryf gaan ekonomie red

Nedbankgebou brand

Die Nedbank-gebou in Beyers Naude-rylaan noord van Johannesburg het Maandagoggend aan die brand geslaan. Volgens ‘n werknemer het ‘n stoorkamer in die kelder waar dokumente gestoor is, aan die brand geslaan. Darryn Browning, ‘n ooggetuie, was die eerste persoon op die toneel. Hy het teen 7:45vm by die parkeerterrein aangekom. “Ek het rook gesien en

Lees verder: Nedbankgebou brand

Vyf verdrink met doop

Vier mense en ‘n pastoor is dood nadat hulle tydens ‘n doopseremonie in ‘n watergevulde steengroef verdrink het. “Die voorval het Sondagmiddag in Signal Hill, Mafikeng in die Noordwes plaasgevind,” het Lesiba Kgwele, ‘n woordvoerder van die departement van openbare veiligheid, gesê. Die vyf lyke is Maandag uit die steengroef gehaal. Die eerste lyk is

Lees verder: Vyf verdrink met doop

Koningskos van oorskiet

{jathumbnail off} Wat gemaak met daardie oorskietpasta in die yskas? Plaas ‘n handvol vars basiliekruidblare saam met ‘n eetlepel gerasperde Parmesaankaas, ‘n knoffeltoontjie en ‘n eetlepel of drie olyfolie in ‘n houer waarin ‘n handversapper pas, vir twee mense. ‘n Paar dennepitte of okkerneute sal die pesto daardie nodige oemf gee. Maak fyn en meng

Lees verder: Koningskos van oorskiet

Gaan Mo hou?

Die DA het Maandag ‘n persverklaring uitgereik waarin hulle Suid-Afrika se nuwe Intelligensiehoof, Mo Shaik, se aanstelling betreur. Volgens die verklaring het Shaik homself reeds skuldig gemaak aan valse aantygings teen politieke opponente en is daar ernstige vrae oor sy aandeel in die wapenaankoopskandaal deur die Duitse Frigatkonsortium. Die vloot het reeds besluit dat die

Lees verder: Gaan Mo hou?