praag.co.za

Vyf verdrink met doop

Written by

in

Vier mense en ‘n pastoor is dood nadat hulle tydens ‘n doopseremonie in ‘n watergevulde steengroef verdrink het.

“Die voorval het Sondagmiddag in Signal Hill, Mafikeng in die Noordwes plaasgevind,” het Lesiba Kgwele, ‘n woordvoerder van die departement van openbare veiligheid, gesê.

Die vyf lyke is Maandag uit die steengroef gehaal.

Die eerste lyk is 09:20 uitgehaal en polisieduikers het vyf minute later hul soektog na die ander lyke begin.

Die lyke is binne 15 minute uit die steengroef gehaal.

Die pastoor en die ander vier oorledenes was verbonde aan die New Faith Heaven-kerk in Majemantsho.

Howard Yawa, provinsiale minister van openbare veiligheid, het ‘n beroep op gemeenskappe gedoen om nie mense in steengroewe te doop of daarin te swem nie, omdat dit so glad is.

Hy het ook sy medelye aan die oorledenes se families en die kerk uitgespreek.

почему болит зуб после пломбирования каналовлобановский александр игоревич класс

Comments

Leave a Reply